Weg! Platteland

Wortel-en-lemoenbroo­d

-

Maak 2 brode Bereidings­tyd 20 minute Baktyd

Dié klam broodjie meng jy gou-gou bymekaar vir teetyd op die stoep. Dit is lekker as jy dit warm eet saam met botter en kaas, of drup ’n versiersel oor as jy dit meer soos koek wil hê. Dit vries ook uitstekend.

Jy benodig

• 3 eiers • ¾ koppie (180 ml) gewone jogurt • ¼ koppie (60 ml) olyfolie • 1¾ koppie (430 ml) ligte bruinsuike­r • 2 koppies (500 ml) fyngeraspe­rde wortel • 2 teelepels (10 ml) gekapte tiemieblar­e • gerasperde skil van 1 lemoen

(hou die sap vir die versiersel) • 3 koppies (750 ml of 390 g) koekmeel • ½ teelepel (2,5 ml) bakpoeier • 1 teelepel (5 ml) koeksoda • 1 teelepel (5 ml) sout

VIR DIE VERSIERSEL (OPSIONEEL) • ½ koppie (125 ml) jogurt • ½ koppie (125 ml) versiersui­ker • sap van 1 lemoen

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 170 ºc. Spuit twee broodpanne van 22 x 12 cm met kleefweren­de kossproei en voer dit uit met bakpapier.

Gooi die eiers, jogurt, olyfolie en suiker in ’n mengbak en klits dit goed saam. Roer dan die wortel, tiemie en lemoenskil by. Meng die res van die bestanddel­e en roer dit by die beslag in tot dit goed gemeng is.

Verdeel die beslag tussen die twee broodpanne en bak dit vir 1 uur tot dit goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat dit vir 10 minute in die pan afkoel voor jy dit uitkeer. Die koek moet heeltemal afkoel voordat jy dit sny. Maak die versiersel Meng al die bestanddel­e en gooi die mengsel oor die brood. Die versiersel is opsioneel – die brood is regtig net so lekker daarsonder. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa