Weg! Platteland

Ons moet praat, ja

-

Toe ons twee jaar gelede die eerste keer aan Platteland begin dink en slyp het, was ons oor ’n hele paar dinge onseker – hier het immers 130 blaaie braak voor ons gelê: Waar begin jy? Waar gaan die stories vandaan kom? Gaan die stories dalk binne ’n jaar opraak? Het ons genoeg tyd? Gaan iemand darem die boek koop? Gaan die koffiemasj­ien hou...

Waaroor ons wel seker was, was dat ons op hierdie 130 bladsye die beste moontlike joernalist­iek wou verpak, iets waarmee nie net skrywers en fotograwe help nie, maar ook ons talentvoll­e jong ontwerphoo­f, Monique Mouissie.

Wat selfs nóg duideliker was, was die doelwit van die tydskrif: Om die platteland ’n stem te gee en die beste daarvan vir ons lesers te wys. Om self dinge te maak en te prakseer en te bou. Om goed te plant en die (gesonde) vrug van jou arbeid te geniet en behoorlik te benut. Om kreatiwite­it en entreprene­urskap en positiewe denke ’n plek in die son te gee. Kortom – en dit staan op elkeen van ons voorblaaie – om stadiger en lekkerder te leef. Beter te leef.

Daarom is ons verheug oor die stroom briewe ná Leon van Eck se artikel oor genetiese modifikasi­e in Platteland #6 (sien bl. 89), want dit sê vir ons een ding: Julle en ons waardes is dieselfde.

Baie bewerings word in dié briewe gemaak, onder meer dat Platteland eensydig is en dr. Van Eck duister motiewe het. Hieroor wil ons nie te veel teëstribbe­l nie, maar volstaan met die volgende: Platteland het nié hier standpunt ingeneem nie. Trouens, die opskrif van die artikel was ’n vraag. Ons doel was suiwer om in te lig, en daarom het ons nie iemand met ’n B.prim. (Ed.) – of iemand wat al vier artikels oor die onderwerp gelees en verlede jaar glutenen laktoseint­oleransie ontwikkel het – gevra om die artikel te skryf nie. Ons het iemand gevra wat ’n paar jaar moes werk om die titel doktor in genetika agter sy naam te skryf. En gaan lees maar: Nêrens moedig dr. Van Eck die gebruik van Roundup – een van die groot turksvye – aan nie. Trouens, hy is ’n voorstande­r van organiese praktyke. Gaan lees maar.

Baie dankie aan elkeen wat die pen opgeneem het. Dis belangrik dat ons met mekaar praat. ’n Eenrigting­gesprek is nooit goed nie.

Johan & Peter

 ??  ??
 ??  ?? Kasselshoo­p, Stilbaai
Kasselshoo­p, Stilbaai
 ??  ?? Kalmoesfon­tein, Malmesbury
Kalmoesfon­tein, Malmesbury
 ??  ?? Grootvader­sbosch, Heidelberg
Grootvader­sbosch, Heidelberg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa