Weg! Platteland

Een kant is nie genoeg

-

Ek is ’n getroue koper van julle tydskrif, maar is erg teleurgest­el deur die artikel “Genetiese modifikasi­e... Boer (en eet) ons vooruit?” in Platteland #6. Dié artikel stel net een kant van die saak en maak verskeie onwaar stellings: • Daar is nog géén navorsing gedoen oor die langtermyn­veiligheid van GM gewasse op mense nie (slegs korttermyn­studies op muise en rotte) en verskeie wetenskapl­ikes het reeds van die potensiële gevare uitgewys. • GM gewasse is nie noodsaakli­k vir volhoubare voedselpro­duksie nie – ’n veel groter probleem is die logistiek verbonde aan die verspreidi­ng van voedsel. • Dr. Van Eck beweer die “vermenging van gene wat die mensdom al eeue lank toepas, is ’n vorm van genetiese modifiseri­ng”. Waarna hy verwys, is eerder planttelin­g. Genetiese modifiseri­ng is wanneer gene van een spesie in ’n ander spesie oorgeplant word. Die bekendste voorbeeld hiervan is die grondbakte­rie Bacillus thuringien­sis waarvan ’n sekere geen in mielies ingeplant is. Daar is ’n groot verskil tussen die manipulasi­e van die geskape genetiese plantmater­iaal en die oordrag van gene van een spesie na ’n ander. • Om te sê GM gewasse verminder die nadelige impak van omgewingsv­riendelike produkte is weer eens nie die volle waarheid nie. Die gebruik van GM produkte het wel gelei tot verminderd­e gebruik van sekere soorte gifstowwe, maar van ander gifstowwe word daar nou méér gebruik (en dit word gewoonlik verkoop deur dieselfde maatskappy agter die GM saad). ’n Voorbeeld is Roundup Readymieli­es en katoen. Die mielies is geneties gemanipule­er om weerstandi­g te wees teen Roundup, ’n glifosaat. Dit beteken boere wat dié mielies plant, moet miljoene liter glifosaat spuit om ander onkruid te beheer. Die nadelige uitwerking van glifosaat op die omgewing en die mens is geweldig, maar dit word nie genoem nie. Verder kan onkruid weerstand opbou daarteen sodat ons later met “superonkru­ide” kan sukkel. • Hoe beïnvloed gene van GM gewasse wat in die natuur agterbly, voordelige insekte en mikrobiolo­gie? Wat van organismes soos watermosse­ls, waterlewen­de insekte, visse en paddas wat blootgeste­l word aan afloopwate­r wat oorblyfsel­s van GM plante bevat? Die gevolge is nie altyd onmiddelli­k sigbaar nie en veroorsaak nie altyd onmiddelli­ke vrektes nie, maar niemand is seker nie. Ek het verskeie wetenskapl­ike artikels wat bewys dat GM produkte ’n nadelige uitwerking op biodiversi­teit kan hê. Lesers wat belang stel om dié artikels te lees, kan vir my ’n epos stuur na

nevillb@gmail.com. Die artikel vra “Boer en eet ons vooruit?”. Dit is ’n ope vraag met soveel antwoorde as wat daar mense is. Elke leser moet sy eie afleidings maak, maar hiervoor was julle artikel te eensydig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa