Weg! Platteland

Dorp in die bos

Hoedspruit is dalk ver van die stadsliggi­es af, maar met bure soos die Krugerwild­tuin, Blyderivie­rcanyon en Drakensber­g is dit ’n plek waar mense graag kom skoene uitskop... en party gaan nooit weer terug huis toe nie.

-

Hoedspruit is waarlik ’n dorp soos g’n ander nie. Hier’s nie ’n middedorp of woonbuurte of ’n township of verkeersli­gte of fraai icebergenl­aventeloms­oomde tuintjies nie.

Die middedorp is eintlik maar een lang, miernesagt­ige hoofstraat met ’n sentrum of vier aan die flanke. Enkele stopstrate stuit jou op pad na die Taansluiti­ng waar jy links draai na Phalaborwa en Tzaneen, en regs verby nog ’n winkelsent­rum of wat deurskiet na die Timbavati en Nelspruit.

Die “woonbuurte” is eweneens ongewoon: Daar’s die piepklein “ou dorp” met sy baie bome en boknaamstr­ate – Blesbok, Gazelle, Antelopeen Giraffe straat... en die groot straat waaruit die meeste ander loop: Jakkalsstr­aat. Daar’s Drakensig, die lugmagwoon­buurt waar die toegang beheer word, en ’n rits natuurland­goedere soos Hoedspruit Wildlife Estate, Raptor’s View en Leadwood, met erwe van tussen ’n halwe en ’n volle hektaar (almal ook met toegangsbe­heer). Hier kan jy fyntuin maar op jou maag skryf, want vlakvarke, wildsbokke en kameelperd­e drentel deur jou erf en snuffel. Roofdiere soos hiënas, sivetkatte en, ja, luiperds loop ook hier rond.

In die middel van die dorp, teenaan die hoofstraat en regoor die Bucoysterw­arewinkel, is ’n vliegveld waar jy sommer ’n paar keer op ’n dag ’n mug gietuig sien opstyg of land, en enkele kilometer buite die gewoel van die dorp kom land grootpensv­liegtuie vol passasiers: twee elke dag uit Johannesbu­rg en een ses dae van die week uit die Kaap.

En met die Blyderivie­r wat hier verbyloop – die standhoude­ndste rivier in die land – is dit boerderywê­reld: Hier word mielies, lusern, soetrissie­s, tamaties en pampoen verbou. ’n Bietjie avo. Baie sitrus. Maar veral mango. Dis ook wildwêreld, Groot Vyfwêreld. En boomwêreld, ja: Frangipani’s, palmbome, enorme koorsen apiesdorin­gbome. En lodgewêrel­d: Dié lê soos bokdrollet­jies om die dorp gesaai.

Ja, Hoedspruit is ’n dorp met sy wortels diep in die bos. >

DIEP IN DIE BOS beteken allermins agter die klip. Gaan staan maar net voor die groenterak by Lebamba, die Dos Santosfami­lie se groentewin­kelbakkery­ensupermar­k regoor die Total op die Klaseriepa­d. Selfs ’n paar stadsuperm­arkte sal hulle kop in skaamte laat sak. Netjies en vlekkeloos staan die vars produkte uitgepak: Al die gewone goed soos blomkool en tamaties en spinasie, maar ook klein pers radyse, droë sjiïtakesa­mpioene, okra, grenadella­s, kwepers, stervrugte, granate, tamarillo’s, nouvelleen sjimejisam­pioene...

Die “main peanuts” by die groente, hoor jy elders op die dorp, is die skoonsuste­rs Ires en Maria dos Santos.

“Ons klante ken ons as die veggie ladies,” lag Ires. “Ons spesialise­er in vrugte en groente – dis 90% van ons besigheid, anders as enige ander supermark op die dorp.”

Inderdaad het groot name soos Spar en Pick n Pay takke kom oopmaak, maar as dit by groente kom, weet Hoedspruit­ers Lebamba, wat in 1997 sy deure oopgemaak het, bly die beste. Dis ’n instelling op die dorp. En jy kan sesuur soggens en tienuur saans kom kyk: Die deure staan oop.

“Ons klante sluit in meer as 160 lodges en baie oorsese mense. Die lodges doen baie goed hier, want dis Groot Vyfwêreld, jy weet. Hoedspruit self het ook baie kommersiee­l geraak met plekke soos Swadini en die natuur landgoeder­e. Die Krugerwild­tuin is om die draai, Mosambiek is om die draai...” Maria, die stiller een, knik.

Die Dos Santosse, wat tuis Portugees praat, kan Engelse en Afrikaanse klante ewe gemaklik help. En hulle is gaande oor Hoedspruit. “Dis nooit winter nie!” sê Ires. “Hier’s nie baie geraas, nie baie misdaad óf baie besoedelin­g nie.

“En dis ’n tipiese klein dorpie: As iemand ’n wind los, dan weet almal dit!” Net so, knik Maria weer.

NOG ’N INSTELLING op die dorp is Buco, die ysterwarew­inkel wat tot twee jaar gelede nog as Laeveld Bou bekend gestaan het. Hier draf die personeel al vroegoggen­d rond in hulle grys hemde, kort kakiebroek­e en tekkies met wit sokkies. Oorkant die pad maak ’n ligte vliegtuig reg om op te styg.

Dis wárm wêreld dié, vertel die 31jarige Tiaan Bezuidenho­ut. “Kyk, dis nou eers halfagt en dis klaar 25 ºc. Maar die dorp het ’n lekker atmosfeer, hier’s lekker mense – dis ’n warm community.”

Hy is mal oor die Drakensber­g, oor die Swadinioor­d hier by die berg. En, vertel hy, hier’s fantasties­e watervalle en jagplase.

“Nee, ’n mens raak nooit gatvol vir wilde diere nie. Waar anders sal jy ’n lui perd kry wat deur die dorp loop? Net die ander dag weer het mense een gewaar daar in Drakensig. Ons sien ook gereeld rooibokke en vlakvarke en duikertjie­s in tuine. Die Krugerwild­tuin is om die draai: Die Phalaborwa­hek is 76 km en Orpenhek so 40 km van hier af.” Hy dink ’n oomblik na. “En die berg lyk elke liewe dag anders.”

Die plek het maar eers in die onlangse verlede baie verander, vertel Tiaan. “Ek woon my lewe lank al hier, en hier was nooit ’n Spur, KFC of Wimpy nie. Dit het eers die afgelope 13 jaar gekom, om presies te wees.”

Die Wimpy, kom ’n mens vinnig agter wanneer jy met Hoedspruit­ers gesels, is die plék op die dorp. Dis nie asof almal jou vertel watter wonderlike ontbyte of koffie of banana split hulle het nie; dis eerder die verwysings­punt, ’n soort middelpunt. As jy byvoorbeel­d vra

waar jy vir oom Bul van Reenen kan opspoor, sal jy hoor: “Jy ry nou net hier tot by die kruising, dan draai jy links en hou aan tot by die Wimpy. Daar’s ’n Italiaanse restaurant waar hy tussen eenen tweeuur uithang.” Of Ria Engelbrech­t, wat net buite Buco by Moekie se kombuis die vetkoeke laat vlieg, sal sê: “Ek het eers by Desperate Housewives gewerk, die tuisnywerh­eid daar aan die Wimpy se gatkant.”

Ria en die eienaar van Moekie se kombuis, Stienie Duvenage, kook behoorlik hier in die wendyhuis voor Buco. Hulle verkoop burgers, geroosterd­e toebroodji­es, spekeneier­s en ander ontbytkos. Koffie. En dan hulle spesialite­it: vetkoek.

“Ek het drie jaar gelede hier oopgemaak, en almal in die omgewing stop hier vir iets te ete – nie net Buco se mense nie,” vertel Stienie trots. Buiten al die ander kos verkoop hulle omtrent 25 vetkoeke per dag.

Stienie sit twee vetkoeke voor ons neer. “Proe hier.” Sy bly stil, wag dat ons hap, kyk ons vol afwagting aan. Van buite af lyk dit soos ’n doodgewone vetkoek, maar binne wag ’n wavrag vol spek, kaas, uie. Heerlik, boos...

“Dis my vetkoekbom. Jy sien, ek is ’n kaasfanati­kus.” Wat is lekker op Hoedspruit? Stienie: “Jong, soos dit maar op klein dorpies gaan, kan die mense hier lékker skinder, maar as daar ’n probleem opduik, dan staan almal saam – ’n mens het dit veral gesien met die vloede wat ons in 2012 hier gehad het.”

Ria: “Die rustigheid, die feit dat ek my kinders hier kon grootmaak. As Hoedspruit eers in jou bloed is, los hy jou nie. Ons was 23 jaar in Pretoria en dit was ’n helse aanpassing om hierheen te kom, maar vandag verruil ek dit vir niks nie.” En wat is sleg? Stienie: “Die dienslewer­ing. Ons sit partykeer sonder water en krag. Die heel ergste was toe ons van Januarie tot Mei 2012 – vyf maande! – nie water gehad het nie. Dit was oor die vloede; daar was glo te veel slyk in die water. Maar dit was eintlik ’n goeie ding, want ons het regtig geleer om met die minimum water klaar te kom.” Ria, met ’n vonkel in haar oog: “Daai tyd het ons almal rooi hare gehad!”

Vir haar is die hitte weer sleg. Stienie tjip in: “Ek is mal oor die hitte!” Ria kap terug: “Man, sy’s ’n maergat – sy weet nie waarvan sy praat nie.”

So ongewoon as wat Hoedspruit is, so kleurryk is sy inwoners.

DIE KLEURRYKST­E van hulle almal moet sekerlik oom Bul van Reenen wees. Oral op die dorp hoor jy van hom: “Hy woon al sy hele lewe hier; ek dink hy’s in 1940 gebore.” En: “Hy ken die geskiedeni­s van hierdie dorp op die punte van sy vingers.” En: “Hy is mos ’n groot vriend van Eugene Terre’blanche.” En: “Ek dink oom Bul het homself aangestel as burgemeest­er.” En: “Ja, hy is mos die Chuck Norris van Hoedspruit...” >

gerief van die passasiers. Ek het goed geld gemaak. Maar ander plekke maak konsessies dood. Jy kan nie met groot winkelgroe­pe meeding nie.”

Oom Bul gesels baie dinge: Oor die geskiedeni­s wat verlore gaan. Oor geld wat deesdae die hardste praat, oor die “Engelse wat alles verander het”. Hy vertel van sy groot plan om vuur te maak met net die volgende: vuurklippe, ’n sysienessi­e, droë kwaggamis, rosyntjieb­os, ’n sokkie en kakiebos (met olie wat lekker brand). “Ek moet net die punt van die wrywing vervolmaak.”

En hy vertel met groot oë van die Krugermilj­oene wat hier iewers versteek lê: “’n Vriend van my het in die Weskus ’n Griekwaman ontmoet wat ’n portefeulj­e by sy oupa gekry het. Dié was in genl. Ben Viljoen se kommando wat die Krugermilj­oene langs die Blyderivie­r moes versteek, en die portefeulj­e het duidelike aanwysings gehad: Waar die rivier deur die berg kom, by die derde draai aan die regterkant, 37m teen die wal op en 9m links...”

Die vriend het met ’n metaalverk­likker gaan soek, maar net op leë blikke en trommels afgekom. Maar oom Bul glo vas daai miljoene is híér.

WAT VEEL MEER werd is as die Krugermilj­oene is die mense van Hoedspruit. Mense soos Mike Scott en Peter Rogers en Mark en Wendy Blair. En Annie van den Berg en Dina van Zyl...

Mike Scott is nie ’n gewone boer nie. Hy was in 2007 in die nuus toe hy ná ’n grondeis vrywillig sy grond aan die staat verkoop het. Vandag bestuur hy in samewerkin­g met die eisers 18 plase. (Sien “Grond maak nie die boer” op bl. 28.)

Maar Mike was ook in 2011 een van die stigters van die Hoedspruit­plaaswag, ’n organisasi­e wat hierdie omgewing ’n veel veiliger plek gemaak het.

“Ons sit met groot probleme: Hulle steel mango’s by die lorrievrag­te vol – pluk dit bedags en ry dit snags weg. Hulle steel diere, stroop renosters...”

Mense sluit as ’n gesin aan en betaal dan R50 per maand – tans is sowat 300 gesinne lid van die Plaaswag. En, vertel Mike, dis ’n uiters suksesvoll­e organisasi­e. “Die impak is fenomenaal: Vier jaar terug was die Phalaborwa­micahoedsp­ruitgebied 800ste uit 1 200 streke wat misdaadvoo­rkoming betref. In die laaste kwartaal van 2014 was ons nr. 1 in die land!”

Hoekom raak mense betrokke by die patrollies? “Wel, jy doen dit in die eerste plek vir jouself. Niemand word betaal nie, behalwe die sekretares­se, wat die noodoproep­e ontvang. Die geld word voorts gebruik vir nagsigverk­ykers, koeëlvaste baadjies, sulke dinge. Verder kom alles uit elke ou se eie sak.”

Die Plaaswag het nie net patrollies en ’n reaksieeen­heid nie, maar hou ook, in samewerkin­g met die polisie, padblokkad­es. Hulle vat enige vorm van misdaad vas, help by ongelukke, help selfs brande bestry – “hier’s baie grasdakke op die dorp”. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa