Weg! Platteland

Grond maak nié die boer

-

Mike Scott praat rustig oor die grond wat nie meer syne is nie, oor die 18 plase wat hy bestuur waarvan hy net 2 besit. “Ek boer al van 1989 af op Hoedspruit en het destyds al gesien waarheen grondeise gaan. Grondresti­tusie was tot dusver grootliks ’n mislukking in Suidafrika, en baie enkelingbo­ere – en geweldige kennis – gaan só verlore.

“Maar nou is ek betrokke by een van die suksesvols­te grondherst­elprojekte in die land wat as bloudruk gebruik word vir minstens vier ander projekte.

“Ons het besluit om ’n alliansie te vorm, maar het nie kans gesien vir die red tape nie – daarom het ons en die eisers die grondeisek­ommissaris gaan spreek en ’n ooreenkoms onderteken om die grond saam te bestuur. Nadat die staat ons betaal het, is ’n operasione­le maatskappy, New Dawn, agt jaar gelede gestig waarvan ek 49% besit en die grondeiser­s 51%. Dis vir almal voordelig, ook as jy finansieri­ng soek.

“Dit bly egter ’n uitdaging omdat jy aan die een kant sit met suiwer sakemense en beginsels, en aan die ander kant aandeelhou­ers uit ’n tradisione­le opset. Paul Zille van die SA Business Trust – broer van Helen Zille – het ’n enorme bydrae gelewer om sakeopleid­ing te verskaf aan die bestuursko­mitee wat 30 000 begunstigd­es verteenwoo­rdig. En ons het geld van die Europese Unie gekry wat gebruik is om aandeelhou­ers te leer van so ’n megabesigh­eid wat minstens R300 miljoen werd is.”

Die maatskappy lewer jaarliks meer as 4 000 ton mango’s aan Woolworths en Marks & Spencer in Brittanje – die kans is dus goed dat die mango wat jy in Kaapstad of jou niggie in Londen koop, hier in Hoedspruit se son kleur gekry het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa