En alles dans
Iewers in die vetplantkaroo, op ’n plaas tussen niks en nêrens, het Marike Bekker afgekom op ’n sonderlinge kunswerk. sy vertel hoe dié groepie dansende beelde van Marcella de Boom gered is van verval. ussen Loxton en Victoriawes – 100 km suid van die Pr
die Karoowind en weer trotseer. Die twee vroue het in die veld gekampeer en met sement en sand die verwering van die tyd probeer stuit.
Marcella is in 2009 op 64jarige ouderdom aan ’n hartaanval oorlede. Dit was kort nadat ’n versameling selfportrette (1967 tot 2009) in haar kleihuisie ten toon gestel is. Die titel van die uitstalling was Onewoman,one Life. Ná haar dood het Ilse na Australië verhuis, en “Die dans” was weer oorgelewer aan die wind en weer van die ongenaakbare Grootkaroo. Maar in 2010, toe Johan en Jaceliz van die buurplaas Erasmuskraal die nuwe eienaars van Taaiboschfontein word, kom hulle op ’n dag toevallig op die verweerde en vervalle beeldhouwerk af. Groot was hulle verbasing toe ’n groep van Marcella se ou vriende hulle ’n ruk daarna uit die bloute kontak om te verneem of hulle kan kom kyk of herstelwerk weer nodig is.
Hulle het die herstelwerk van die beelde by Helen Martins se beroemde Uilhuis op Nieubethesda in die OosKaap as riglyn gebruik. In die vroeë jare negentig het Marcella en Ilse die Uilhuis besoek, en Martins het in ’n stadium ook op Cullinan gewoon en daar skoolgehou. gens, en Armand en Rienie du Plessis van die Dinokengwildreservaat naby Hammanskraal. Toe hulle daar opdaag, was dit duidelik Vader Tyd het plekplek al ’n groot hap uit van die dansers gevreet. Drie beelde het omgeval en die geboë figuur van die Ou danser het in duie op die rotsbank gelê.
Ná ’n week se werk in die fel son is “Die dans” weer tot sy volle glorie herstel – selfs die Ou danser was weer ewe op die been. ’n Karooklip onder sy voet en ’n geroeste ysterpaal in sy hand stut sy moeë liggaam terwyl hy weer sy plek in die kring vol staan.
EENKANT HET MARCELLA ’n groot bobbejaan sitgemaak. Onafgewerk. Gevange in sement. Met ’n grynslag hou hy alles uit die hoogte dop. Uitgesluit van die uitbundige dans ’n entjie daarvandaan. Dis ’n lelike gedierte, sonder enige beweging in sy lomp liggaam. Hy staar strak na die dansers en werkers, leweloos, half belangeloos, sy soliede liggaam veel beter bestand teen die tyd. Dit lyk asof Van Wyk Louw se woorde deur sy verveelde gedagtes maal…