Weg! Platteland

Die ABC van

-

Die stroopsoet vrugte van ons kinderdae is dikwels die vonk vir ons fantasieë oor ’n selfvolhou­bare lewe op die platteland. Ons smag na die sonsoet appelkose uit Oupa se agtertuin, die vet pruime teen die kombuismuu­r of die buurman se granate wat ons stilstil gesteel het. (Die vlekke op ons hande het ons altyd verraai...)

Maar om dié boord van jou drome gelukkig en in ’n goeie vorm te hou verg knipen saagwerk – nie net elke winter nie, maar soms ook in die somer. Die meeste mense is bra lugtig vir hierdie slagting en dink hulle gaan hulle geliefde bome of struike verwoes, hoewel jy dikwels méér skade aanrig deur nié die snoeiskêr in te lê nie.

My pa het glad nie dié probleem gehad nie. In ons Vrystaatse tuin het ’n grasieuse houtappelb­oom ( crabapple) gestaan wat ons in die winter in ’n skitterend­e yspaleis verander het deur snags die oop tuinslang daarin te laat drup. In die lente het die boom weer met ’n wilde haardos van rooi bloeisels gespog wat soos versiersui­ker geruik het. In die laatsomer het my ma altyd die klein appeltjies gepluk en ’n helder jellie daarvan gekook wat ons Sondae ná kerk saam met die lamsboud geëet het.

Toe ons een Saterdag van die winkels af kom, is ek en my ma deur ’n afgryslike gesig begroet: Waar die takke gewoonlik sagkens oor die hoë tuinmuur getuimel het, het skielik ’n stokstywe affêre met geamputeer­de takke gestaan. Kompleet soos ’n Britse grens in die onstabiele Middeooste. Soos die Caprivi teen Angola. Soos...

My ma se oë het soos pierings gestaan. In die huis het ons my pa raakgeloop, kennelik besonder ingenome met homself. “Ek het ’n bietjie tuinwerk gedoen,” het hy laat val.

My ma se blou oë het op skrefies getrek. “Wat het jy met die boom aangevang?” wou sy weet.

“Ek het hom gesnoei,” het my pa trots geantwoord.

“Jy het die boom totaal verwoes!” het sy uitgeroep en in trane uitgebars.

My pa het dit gelukkig nooit in die roostuin gewaag nie. Elke laatwinter het die hopies doringtakk­e langs die roosbome gegroei soos my ma, gewapen met ’n paar dik tuinhandsk­oene, haar Felcosnoei­skêr rondgeflit­s het. In Oktober sou die rose in volle blom staan, net betyds vir my verjaardag. SNOEI IS ’N OMVATTENDE ONDERWERP waaroor ’n mens ure lank kan redekawel. Op die volgende bladsye deel ons die basiese beginsels om vrugtebome en rose te snoei en werp hopelik genoeg lig op die terminolog­ie en tegnieke om jou te inspireer om vanjaar die snoeiskêr met selfvertro­ue op te tel.

Onthou, jy gaan nie oornag in ’n snoeisamoe­rai ontaard nie. Met dié nuwe kennis kan jy begin oefen om ’n beter waarnemer te word. Of soos Anton Roux, die legendarie­se vrugteboom­kenner wat toesig hou oor die bome op Babylonsto­ren buite Franschhoe­k, dit stel: “Ek werk my lewe lank al daaraan om ’n beter waarnemer te wees.”

Goeie waarneming is jou beste maat as dit by snoeiwerk kom, en met verloop van tyd sal jou oë jou leermeeste­r word. Anton het nog ’n mantra: “Jy kan nie ’n boom snoei as jy nie weet hoe hy dra nie. Jy moet jou boom ken.” seisoen se groei bepaal. Die boom gaan nou ’n rusfase binne en spaar al sy energie vir die lente, wanneer nuwe groei plaasvind. ’n Te swaar snoeihand in die somer kan swak groei veroorsaak en die boom van sy krag stroop. As jy van plan is om gereeld die snoeiskêr op te neem, is dit beslis die geld werd om in die heel beste gereedskap te belê wat jy kan bekostig. Moenie jou laat verlei deur goedkoop snoeiskêre of ’n saag wat soos ’n winskopie klink nie. Goeie gereedskap is duur, maar as jy dit goed versorg, gaan dit ’n leeftyd hou.

Daar’s vier basiese stukke gereedskap wat jy nodig het. Ons lys dit in volgorde van belangrikh­eid: ’n Goeie snoeiskêr is noodsaakli­k om die meeste snoeitake af te handel. Koop ’n goeie handelsmer­k soos Felco, wat maklik is om te gebruik en skoon snitte verseker. Die punt van die lem is smaller as dié van ander snoeiskêre en dus maklik om in nou spasies in te wikkel. • Hou die lemme skerp sodat jy nie die takke kneus of vermink nie. • Moet nooit té dik takke sny nie – tot ongeveer 1,5 cm is aanvaarbaa­r (gebruik ’n saag vir dikker takke.) • Dooiehout is besonder hard. Gebruik hier ’n saag vir enigiets dikker as 1cm. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa