Weg! Platteland

Appels en pere

-

Appels en pere dra hulle vrugte aan uitlopers of aan die punte – jy moet 100% seker wees hieroor omdat dit bepaal hoe die boom gesnoei moet word.

Die meeste appels en pere vorm aan uitlopers, oftewel kort, dik takke waar die boom blomme vorm en vrugte op die ouer hout dra. Hulle het ’n netjiese, kompakte voorkoms. Bome wat vrugte aan die punte dra, is taamlik ongewoon en vorm min uitlopers. Die vrugtebots­els vorm aan die punte van ongesnoeid­e twee jaar oue lote. Dié bome lyk oor die algemeen slordiger as die uitloperdr­aers en die takke is yler.

Gedeelteli­ke puntdraers dra vrugte aan die punte van die vorige jaar se lote en ook op sommige uitlopers. Vir punten uitloperdr­aers sal enige inkorting van die lote se punte die opbrengs verminder; daarom moet jy nie die snoeiskêr te wild inlê nie. Vernuwings­noei werk besonder goed vir appels en pere: • Kies ’n plaasverva­ngertak aan albei kante van die tak wat die vorige jaar vrugte gedra het. Sny omtrent een derde van hierdie tak net bo die eerste plaasverva­ngertak af (’n heelwat dunner tak). Dit herlei die boom se energie na die plaasverva­ngertakke. • Op die plaasverva­ngertakke moet jy ook die lote verkort wat die vorige somer daar gegroei het. Dit stimuleer produksie op daardie belangrike uitloopsel­s. Moenie die sylote inkort indien die boom aan sy punte dra nie, anders sal jy vrugte verloor. • Snoei enige oortollige laer groei op die oorspronkl­ike tak weg. • Herhaal hierdie stappe op ander hooftakke. Vir ouer bome Snoei die boom in die middel oop om sonlig in te laat. Gebruik ’n saag om ontslae te raak van groot takke reg by die plek waar hulle ontstaan (maak seker jy beskadig nie die kraag nie – sien “Algemene snoeiblaps­e” op bl. 63).

Moenie meer as ’n kwart van die ouer takke op ’n slag verwyder nie. Indien ’n hele paar takke verwyder moet word, moet jy eerder die werk oor twee of drie winters versprei omdat kwaai terugsnoei kragtige groei stimuleer. Sny die hoogste takke terug om kragtige sytakke aan te moedig. Hierdie laer takke moet minstens ’n derde van die deursnee wees van die tak wat verwyder word. Pruime dra meestal vrugte aan ouer uitlopers op ouer hout. By Japannese pruime kan een derde van die nuwe hout verwyder word

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa