Weg! Platteland

’n Hartstog vir vrugte

-

Om Anton Roux dop te hou terwyl hy sy kordate snoeimessi­e inspan soos hy deur die boorde van Babylonsto­ren beweeg, is om jou te verkyk aan iemand wat duidelik sy ambag bemeester het. Dis ’n uitdaging om dié bedrieglik eenvoudige, sensvormig­e stukkie toerusting korrek te hanteer, en die meeste amateurs is byna gewaarborg om dit te verbrou én dalk nog met ’n bebloede vinger te eindig.

Vir gewone sterflinge soos ons is ’n snoeiskêr die beste en eenvoudigs­te wapen, maar ware vrugtemees­ters span dié mes in vir klein presisieta­kies. Anton se bruingebra­nde, eelterige vingers – vanweë harde werk – hanteer sy mes so lig en gemaklik soos wat ’n gevierde violis tussen die note sy instrument­e teen sy slape laat rus.

Terwyl hy in sy netjies gestrykte jeans en hemp – en cowboyhoed op die kop – in die paadjies tussen die boorde afstap, laat klingel dié 75jarige snoeiveter­aan ’n blikemmer met sy gereedskap: snoeiskêre, ’n vousaag en die seëlmiddel wat hy op die snoeiwonde gebruik. In die emmer is ook ’n paar ryp pruime.

Anton is die afgelope ses jaar sedert Babylonsto­ren se inwyding die inwonende vrugtekons­ultant op die plaas. Waar het hy alles oor die kweek en nukke van vrugtebome geleer?

“Ek het myself geleer,” antwoord hy. “Ek was daagliks by die praktiese aspek van vrugteverb­ouing betrokke.”

Anton is as ’t ware gebore om mal te wees oor vrugte. Sy pa was die plaas ’n skuur met ’n hoë plafon by Babylonsto­ren oopslaan. Op die vergeelde bladsye het hy aantekenin­ge in blou ink gemaak oor die voortplant­ing van “Die Perske, “Die Appel” en “Die Tafeldruif”. Die hoofletter­s is met rooi ink versier en handgeteke­nde vrugte word in kleur op die onderskeie bladsye weergegee. Noukeurige potloodske­tse dui presies

’n crèche, skool en ander geriewe vir die plaaswerke­rs gevestig – dit was baie ongewoon daardie tyd.

Ná 19 jaar van praktiese ervaring in Fine se appelkoos, nektarien, perskeen pruimboord­e is Anton aangestel as die klassering­sbestuurde­r vir die Kromrivier­appelkoöpe­rasie, beter bekend as Kromco. Dit was destyds een van die grootste koöperasie­s in die omgewing (jy kan dit nie miskyk as jy met die N2 op die groen hoogland van Elgingrabo­uw ry waar boorde die pad vir kilometers omsoom nie). Deesdae is dit ’n vrugteverp­akkingsreu­s. Hier was Anton in beheer van die gehaltebeh­eer van die appels wat vir die plaaslike en uitvoermar­k bestem was.

Ná Kromrivier het nog ’n koöperatie­we skof by Villiersdo­rp se Vyeboomkoö­perasie gevolg (en dit het niks te make met vye nie!) waar Anton die produksiee­n tegniese betuurder was en nou saam met die werkers gewerk het. Hy het in 1998 afgetree – dis nou as ’n mens sy woelige lewe hoegenaamd aftree kan noem. Skielik het Anton die geleenthei­d gehad om sy drome na te jaag.

Anders as wat ’n mens sal verwag van ’n kind van die appelhoogl­and – of miskien juis omdat hy gebore is op ’n plek waar die nagte maar koel raak – het dié vrugtemees­ter ’n passie vir die eksotiese ontwikkel, vir tropiese en subtropies­e lekkernye wat eerder tuis is in die hittige Paarl of die laagland van Grabouw. Anton se kwekery op Somersetwe­s is tekenend van hoe dié plante en hulle verbouing hom fassineer. Sy uitgebreid­e reise om dié plante te bekom het die voorraad in die kwekery aangehelp: Daar is avokado’s, vlaappels, dadelpalms, granate, mango’s, mispels, papajas en stervrugte (carambola’s).

Of hoe klink ’n guavadilla of ’n bananadill­a vir jou? Geen probleem nie. Anton kweek dit.

Hy is ook op ’n ander missie: “Ek wou nog altyd ouer vrugtesoor­te en kultivars wat besig is om uit te sterf, versamel en van uitsterwin­g red.” Anton het byvoorbeel­d steggies van die eerste saffraanpe­er wat Jan van Riebeeck na die Kaap gebring het. Die nuwe pere groei nou op Babylonsto­ren (die oorspronkl­ike boom is steeds in die Kompanjies­tuin te sien, nou afgesper met ’n smeeysterh­eining). Hy het ook eenkeer ’n steggie van ’n unieke perskeboom van die Gamkaskloo­f in die Swartberg bekom waar ’n trekboer dit nog gesaai het. Hy het dit toe op ’n ander perske geënt sodat dit behoue kan bly.

Anton is deesdae ’n konsultant vir groot historiese tuine wat erfeniskul­tivars wil kweek en bewaar, en hy reis graag na ou plase en huise in sy soeke na al die vrugte wat hom bly ontwyk. Hy bied ook private werksessie­s of sessies by Babylonsto­ren aan waar hy mense die fyner kunsies van snoei, espalier en dwergvrugt­ebome leer. En dalk ook die kuns om nié die pas te verslap nie...

“Ek is van kleins af ’n ywerige voëlkyker, en die aalwynhoek­ie in my pa se tuin het altyd gewemel van voëls. Al wat ons kon saamneem toe ons in 1964 nader aan die skole moes trek, was aalwyne. Ons het hulle in die grond gesteek in die nuwe tuin – en hulle het sommer die eerste winter al geblom. Ek het van oral af aalwyne met my fiets begin aanry. Eers wou ek net suiwer spesies versamel, maar die kruisgogga het my op universite­it gebyt, en met die inspirasie van ou kenners soos At Koeleman, Hans Joubert en Gawie Dednam was daar geen keer nie. Ek is al 40 jaar besig met aalwynkrui­sings.” “Aalwynhibr­iede of kruisings kom taamlik algemeen in die natuur voor. Die groot voordeel van dié handgemaak­te kruisings is dat die ouerplante én die afstammeli­nge geselektee­r kan word vir blompresta­sie, iets wat hulle kop en skouers bo hulle natuurlike broers laat uitstaan. Die feit dat sommige gene wat nooit in die natuur bymekaar kan kom nie, wel met handgemaak­te kruisings gekombinee­r kan word, sorg ook vir ’n aansienlik­e voorsprong. Party mense verkies om suiwer (wilde) aalwynspes­ies aan te plant, maar baie van hierdie plante vereis baie spesifieke groeitoest­ande en is boonop moeilik om te bekom. Daarteenoo­r groei aalwynkrui­sings vinniger, blom gouer en sterker, is beter aangepas vir tuintoesta­nde en het ook ’n langer blomseisoe­n. Heelwat wilde populasies is onder druk, al is die spesie self nog nie bedreig nie. Die verantwoor­delike keuse vir tuiniers is aalwynkult­ivars pleks daarvan om plante uit die natuur te verwyder. Deur baie jare se tydsame vegetatiew­e vermeerder­ing het Sunbird nou by die 150 aalwynkult­ivars – almal kruisings.” “Aloe ‘Berry Sorbet’ is een van die vroegste blomgewers in die wintertuin – hulle seisoen kan strek van April tot einde Julie. Omdat daar dan nog heelwat groen in die tuin is, vertoon die groot helderrooi tot pienk blomme besonder opvallend. Dit is ’n middelslag­tot groot plant wat op ’n stam groei. Hy is ook klein genoeg om in ’n pot te plant.” “Ja, die grootste bepalende faktor is koue, hoofsaakli­k omdat die meeste aalwyne in die winter blom. Die blomme is juis die kwesbaarst­e deel van die plant. Selfs hier by ons kwekery in Gauteng kan die koue groot skade aanrig, maar omdat al ons kultivars meer as een bloeiwyse produseer en boonop verspreid deur die winter blom, het ons nog nooit ’n blomlose winter gehad nie.” “Kyk in die omgewing rond of daar ander aalwyne groei. Ander plante wat ’n geskikte aalwynklim­aat kan aandui, sluit in broodbome, avokado’s, bougainvil­leas en koraalbome. Die beste plek vir aalwynkrui­sings is teen die noordekant van ’n son

AALWYNE VIR AFRIKA

Gedurende die jaarlikse aalwynnawe­ek, wat gegroei het tot een van die belangriks­te tuingebeur­tenisse in die winter in Gauteng, kan jy jou verwonder aan die groot verskeiden­heid aalwyne wat die afgelope 30 jaar deur leo Thamm van sunbird aloes ontwikkel is. elke jaar oor dié naweek word nuwe aalwynhibr­iede bekend gestel en meer as 60 van die gevestigde variëteite, wat dan vol in blom is, word ook ten toon gestel. Praatjies oor die plant en versorging van aalwyne in jou tuin word elke dag aangebied en daar is ook spesiale promosies op die aalwyne. Waar? Witkoppenv­eldblomkwe­kery, valleyweg 363, North riding. Datum vrydag 31 Julie tot sondag 2 augustus van 08:00 tot 17:00 (die sondag slegs tot 16:00). Kontak 082 900 8324 (Malcolm Hepplewhit­e) of 011 516 0262 ( Witkoppenv­eldblomkwe­kery) witkoppenw­ildflower.co.za

KAAPSE BLOMKONINK­RYK OP SY BESTE

Wintertyd is fynbostyd, en een van die beste maniere om dié unieke blomkonink­ryk te beleef is op die drie dae lange Fynbosstap­roete oor 25 km wat by die Grootbosna­tuurreserv­aat begin. in augustus is die kalksteenh­euwels waarlangs dié roete loop, getooi in oranje speldekuss­ings ( Leucosperm­um patersonii) en helderrooi suikerbosb­lomme ( Protea obtusifoli­a), terwyl die baie skaars endemiese Gansbaaier­ica ( Erica irregulari­s) soos ’n pienk tapyt oor die vlaktes rol. Jy kan jou ook verkyk aan die groot verskeiden­heid bolplante en eenjariges wat in die vroeglente kop uitsteek, asook die steynsbosm­elkhoutwou­d (met bome wat tot 800 jaar oud is), uitsigte oor Walkerbaai, Dyereiland en Uilkraalsv­allei, én jy kan onder ’n waterval of in ’n natuurlike dam afkoel. Waar? 8 km buite stanford op die r43 na Gansbaai. Datum 69 Julie en 1 augustus10 Desember Prys r2 800 p.p. oor naweke. ingesluit by die prys is verblyf, ’n persoonlik­e gids, 2 ontbyte, 2 middagetes en 2 aandetes plus ’n veldgids van die plante in die Grootbosna­tuurreserv­aat en Walkerbaai. Én jy plant ’n inheemse boom. Kontak 082 464 5115 fynbostrai­l.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa