Weg! Platteland

Goeie moer!

Nee, ons het nie ons maniere verloor nie; ons praat nou hier van aartappels. Danksy die groot verskeiden­heid bekostigba­re saadaartap­pels wat deesdae plaaslik te koop is, is dit kinderspel­etjies om jou eie te kweek.

-

Suidafrika­ners het jare lank nie ’n idee gehad watter soort aartappels hulle koop nie. Hulle het maar gevat wat op die winkelrak beskikbaar is en gehoop dis nie weer die aaklige glasige of blusaartap­pels van laaskeer nie.

Met mense wat al hoe meer uitsoekeri­g raak, het supermarkt­e ook begin om hulle aartappels behoorlik te bemark, sommige sowaar onder die kultivarna­am. Baie gee selfs aanwysings op die verpakking oor hoe om dit gaar te maak – presies wat ’n lekkerbek soek.

Ek is mal daaroor om mense te leer van al die fantasties­e soorte aartappels wat deesdae beskikbaar is, hulle eien

Teks en FOTO’S SEAN FREEMAN

skappe en hoe hulle van mekaar verskil. Daar bestaan ook nie iets soos ’n aartappel wat in alle omstandigh­ede sy beste voetjie voor gaan sit nie – elke kultivar is uniek en sal in ’n ander kategorie as wenner uit die stryd tree: Diepgebraa­i, oondgebak, gekook of gerooster. Of vir aartappels­laai. Of slaptjips...

Party kultivars, veral die nuwes, word as ’n veelsydige speler beskou, maar hulle sal nooit die beste keuse vir elke metode wees nie. Hulle sal dalk te alle tye “aanvaarbaa­r” wees, maar nooit uitsonderl­ik nie.

Danksy verbruiker­s en ywerige tuiniers raak sekere “goue oue’’ erfeniskul­tivars nou vryliker beskikbaar met ’n reeks ongewone en smaaklike aartappels – jy sien hulle veral by Woolworths en Checkers. Hulle is egter seisoensge­bonde en dus nie heeljaar te kry nie.

Die res van die jaar kan Suidafrika­ners egter kies en keur uit ’n verskeiden­heid wit of roomkleur aartappels – jou taak is om uit te vind watteres die beste by jou kookstyl en eetgewoont­es pas.

As jy weer ’n groot sak aartappels (710 kg) koop, loer ’n bietjie na die onderkant van die sak – dis waar die kultivar gewoonlik aangedui word. Wanneer jy die kultivar gevind het waarvan jy hou, vra dan jou plaaslike groentewin­kel of supermark om dit altyd aan te hou. Onthou, handelaars wat self mark toe gaan, laat hulle meestal deur pryse lei indien daar geen aanvraag na ’n spesifieke kultivar is nie, en die goedkoopst­e kultivar is nie noodwendig die een wat die beste vir jou behoeftes geskik is nie. Ons groentehan­delaar weet al hy moenie net een kultivar aanhou nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa