Weg! Platteland

Op julle merke, gereed… plant!

-

Die maklikste, vinnigste manier om ’n spogoes te kry is om gesertifis­eerde saadaartap­pels te plant. Hier in die Suidelike Halfrond hoef ons ook nie soos die Europeërs te maak wat moere eers op ’n warm plek moet laat lê sodat dit kan uitloop nie.

Plant die aartappels tussen 50mm en 100mm diep, en 400mm tot 600mm uitmekaar na gelang van die grootte aartappel wat jy verkies. Hoe nader jy die knolle aan mekaar plant, hoe kleiner sal jou aartappels wees, terwyl groter spasies tussenin jou met groter aartappels sal beloon.

Wees versigtig wanneer jy die moere plant: Die ogies (indien dit al gevorm het) breek maklik af. Oppas ook as jy naby die knolle werkskaf of verbystap omdat dit 23 weke ná planttyd daadwerkli­k begin groei en die groeipunte met die geringste drukking kan afbreek. die blare saans die lewe maklik maak vir swamsiekte­s en slakke. Onthou, aartappels het nie ’n uitgebreid­e wortelstel­sel nie en moet dus gereeld water kry. Veral wanneer die blomme verskyn moet hulle nooit dors ly nie. Wanneer die aartappelb­lare begin vergeel, moet jy dit stadigaan minder natlei sodat die knolle groter kan word. Jy kan nou begin om ’n paar babaaartap­pels vir aandete uit te grawe, maar moenie te gulsig wees nie – jy wil tog sekerlik later ’n paar knewels vir die pot hê.

Wanneer die plante begin vrek, het jy ’n paar opsies: (1) In streke waar dit nie in die winter reën nie, kan jy die aartappels net so in die grond los – dit sal maande lank so hou. (2) Oes alles en bêre dit dan. Moenie die knolle was voordat jy dit bêre nie. Die beste plek is ’n koel, donker kas met droë strooi of droë gras tussen die lae. Moenie dit in ou aartappels­akke bêre nie – onthou daai siektes waarvan ons gepraat het...

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa