Weg! Platteland

Só maak jy

-

Verhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n losboomkoe­kpan (23 cm) met botter en voer die boom en kante met bakpapier uit. Skil die aartappels en rasper dit grof. Meng die sout, peper, eier en roosmaryn deur die aartappel en druk dan dié mengsel in die koekpan vas sodat dit die boom en kante bedek. Probeer om dit so eweredig as moontlik te kry en maak seker daar is nêrens gate nie. Bak die kors vir 1 uur in die oond.

Sprei die broccoli, blomkool, ui, wortel, knoffelhui­sies en tiemietakk­ies op ’n bakplaat uit. Drup ’n paar eetlepels olyfolie booor, geur dit met sout en peper en sit dit saam met die kors in die oond. Haal die groente ná 30 minute uit en laat dit effens afkoel voor jy die sagte knoffel uit die skil druk en die tiemieblaa­rtjies afstroop. Gooi die skil en tiemietakk­ies weg.

Meng die eier, room en die helfte van die feta en parmesaan. Haal die aartappelk­ors ná ’n uur uit die oond en pak die groente daarin. Gooi die eiermengse­l oor en sprinkel die orige feta en parmesaan booor. Verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C en bak die tert vir 30 minute. Laat dit vir 15 minute staan voor jy dit voorsit, óf laat dit afkoel en hou dit in die yskas. >

Klamp die twee planke teen mekaar vas en gebruik die figuursaag om die sykante te saag. 2 Skuur die rande van die kurwe glad. 3

Merk aan die breë kant van die plank 1,5 cm van weerskante af en 1,5 cm na onder en merk díé punte op die hout. Doen dieselfde aan die smaller kant van jou kurwe, maar meet hier elke keer net 1 cm. Boor met die 16 mmboorpunt ’n gat deur albei planke. Gebruik ’n staanboor as jy een het, anders kan jy die planke in ’n bankklamp vasknyp terwyl jy boor om seker te maak jou gate is reguit. 4 Saag die 16 mmtappenne middeldeur en bind die vier stukke met kabelstrop­pe aan mekaar vas. Maak seker hulle is gelyk aan die een kant en meet 540 mm op een van die penne. Saag hulle almal gelyk af. Smeer kouelym in elkeen van die gate wat jy geboor het en druk die tappenne in sodat die punte gelyk is met die buitekant van die planke. 5 Kap spykertjie­s op die smal kant van die plank deur die tappenne om hulle stewig op hulle plek te hou. 6

Vou die plastiekne­t om die raam van jou mandjie en kram dit vas met die kramgeweer. 7 Knip die oortollige stukke van die net netjies met ’n skuinsbekt­ang af. 38 Bind die boonste rande van die plastiekne­t met kabelstrop­pe aan die boonste tappenne vas en knip die punte van die kabelstrop­pe af.

Saag die 96 mm breë plank in twee lengtes van 360 mm. Meet op een punt van elkeen 48 mm in die breedte en 48 mm in die lengte en maak ’n merkie. Boor met die 20 mmboorpunt ’n gat van 10 mm diep op elkeen van dié merke – moenie regdeur boor nie. Saag aan die kant van die planke waar jy die gat geboor het, die hoeke skuins af. Merk die middelpunt van jou mandjie se sykante en lym en skroef nou een van dié planke aan die binnekant van die mandjie op hierdie merk vas. 9 Saag ’n 470 mmlengte van die 20 mmtappen. Smeer lym aan die punte en druk hulle in die vlak gate wat jy in die regop plankies geboor het. Skroef die oorblywend­e plankie nou soos die ander een op sy plek. Skuur die mandjie glad – as jy wil, kan jy hom vernis.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa