Weg! Platteland

Op die spoor van sampioene

Die meeste Suidafrika­ners word van kindsbeen af geleer sampioene is giftig en ’n mens moet liefs nét die soorte in die supermark koop. Maar dit is totaal ongegrond én gewoon onwaar. Laat die opvoedings­proses sommer nóú begin...

-

Net soos baie ander passievoll­e ghoeroes het Gary homself geleer. Om ’n lang storie korter te maak: ’n Stresvolle loopbaan in die ITbedryf het gelei tot uitbrandin­g... en ’n hartaanval. Gary het gemaak soos sy kardioloog voorgestel het: Hy het die dolle gejaag vaarwel geroep, ’n tuisblypa geword en lang ente op Tafelberg gaan stap. Dis juis op een van dié uitstappie­s dat Gary op sampioene afgekom het. Sy eerste gedagte was natuurlik of ’n mens dit kan eet.

Hy is biblioteek toe waar hy al die boeke oor sampioene uitgeneem het wat hy kon kry. Boonop het hy al dié boeke se bibliograf­ieë aandagtig bestudeer en enige boeke wat interessan­t gelyk het, by Amazon bestel. Hy is al hoe meer die berg in en het begin leer waar om vir sampioene te soek en watter soorte eetbaar is.

“Ek het myself nog nooit vergiftig nie, en ek sal ook nie,” vertel hy. “Ek eet net sampioene wanneer ek 100% seker is ek weet presies wat dit is.”

Kort voor lank het Gary meer sampioene bymekaar gemaak as wat hy kon gebruik, en hy het begin om vars wildesampi­oene aan vriende uit te deel en aan restaurant­e te verkoop. Nie net het hy iets gratis gekry nie, maar dit was ook sommer die begin van ’n nuwe loopbaan vir hom. Restaurant­e in die Kaap betaal tot R380/kg vir sulke sampioene, en in Gauteng gaan die prys op tot R1 000/kg! Die afgelope jare het Gary egter begin om begeleide sampioensa­fari’s aan te bied, en hy is vasbeslote om sy kennis met sy medeSuidaf­rikaners te deel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa