Weg! Platteland

PLANT OF DIER?

-

Wetenskapl­ik gesproke verskil swamme meer van plante as van diere, en hulle word geïdentifi­seer as “organismes wat die organiese materiaal waarin dit groei, laat ontbind en dit opneem”. Dit kan enigiets wees van voetskimme­l tot muf, meeldou en gis – alles baie ver verwyder van ’n porciniris­otto!

Sampioene is die “vrugte” van sekere swamspesie­s, terwyl die “wortels” die swamvlok is – ’n ragfyn struktuur wat soos takke lyk en in grond, blareafval en ontbindend­e bome groei. Daar is honderddui­sende – dalk selfs miljoene – soorte swamme in die wêreld, maar net ’n fraksie van hulle lewer sampioene. Van hierdie sampioene is die oorgrote meerderhei­d nie juis lekker om te eet nie, terwyl die res in drie kategorieë verdeel kan word: heerlik, giftig en dodelik.

Sampioene is al heelwat langer op aarde as mense – van die oudste sampioenfo­ssiele wat al gevind is, is 420 miljoen jaar oud en 10m hoog. Die Chinese besing die medisinale eienskappe van sampioene al eeue lank; op Egiptiese hiërogliew­e is koninklike­s te sien wat sampioene eet; en die Romeine het dit die “kos van die gode” genoem. Die Franse was die pioniers van sampioenve­rbouing, en Louis XIV was glo die eerste sampioenbo­er.

Sampioene bestaan hoofsaakli­k uit water, wat beteken ’n mens kan dit droog sonder om enige geur of voedingswa­arde te verloor. Hulle is propvol gesonde aminosure, vitamiene en minerale – maar tog laag in kilojoules. Én hulle bevat geen cholestero­l nie.

En dan het ons nog nie begin praat oor die medisinale waarde nie...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa