Weg! Platteland

Kweek jou eie sampioene

Om self sampioene te kweek is sekerlik ingewikkel­der as om dit van die supermarkr­ak af te kies, maar dis ook goedkoper én baie meer bevredigen­d. Die beste nuus is dat die Suidafrika­anse mark vir eksotiese sampioene nog glad nie behoorlik ontgin is nie..

-

Craig Fourie se fassinasie met sampioene het 21 jaar gelede begin, ná ’n hallusinog­eniese onderonsie met die “magic” soort. Hy wou dit met alle geweld self kweek, maar in daardie dae was daar nog nie iets soos Google nie, en daarom het hy, destyds ’n 20plusser, heelwat tyd in Port Elizabeth se biblioteke deurgebrin­g. Hy het ook op die harde manier geleer: deur foute te maak. En nog foute. En helaas nóg foute.

Oor die volgende twee dekades het Craig sy vakgebied behoorlik onder die knie gekry, en eers in 2013 besluit om sy brood en botter te verdien uit fynproewer­sen medisinale sampioene. Daarna het hy die webwerf Mushroom Guru begin en drie werksessie­s saam met Gary Goldman gehou.

Sommige kritici sal Craig se laboratori­umtegniek dalk as vitterig beskou – “as jy enigsins twyfel, ontsmet maar weer” – maar as dit kom by die kweek van sampioene, is dít ’n groot kompliment. As jy eers weet hoe om kontaminas­ie uit te hou, kan jy feitlik enige safrofiets­ampioen kweek – Craig se laboratori­um met 58 verskillen­de eetbare en medisinale sampioene is ’n duidelike bewys hiervan.

Volgens Craig het jy soveel verskillen­de vaardighed­e nodig om sampioene te kweek dat dit die heel beste is om weg te spring met die oesfase en dan terug te werk. “Kry ’n klompie wat klaar aan die groei is en sit dit in ’n terrarium sodat jy kan leer wat die beste omstandigh­ede is én hoe en wanneer om jou sampioene te oes. Omdat die leerkurwe so enorm is, kan die regte wegspringp­lek – spoorentin­g – ’n mens ontmoedig omdat mislukking­s eerder as sukses jou voorland is, en dan los jy alles en begin gholf speel of voëls kyk!”

• Moenie alles glo wat jy op die internet lees nie Die kuberruim wemel van wolhaarsto­ries (enige artikel met ’n opskrif soos “Plant jou eie porcini tuis” moet jy byvoorbeel­d met ’n knippie sout neem). As jy ’n betroubare bron gevind het, volg die aanwysings noukeurig. As jy in verskillen­de metodes verstrenge­l raak, is dit so goed jy volg die verkeerde metode. • Sampioene is nie soos plante wat baie water vra nie Te veel water is in elke stadium van die proses ’n probleem. Swamvlokke kan water selfs uit droë hout onttrek; dus moet jy baie min water gee. Bakterieë soos Bacillus en Neurospora floreer in te veel water. • Moenie dink jy’s silwerskoo­n nie Ja, jy is dalk mooi skoongewas, maar jou omgewig is ’n ander storie. Molekules dryf die heeltyd in die lug rond. Sodra jy jou stasie voorberei het, los die kamer vir ’n uur lank so. Maak dan die oppervlakk­e met alkohol skoon en wag nog ’n halfuur. Teen dié tyd kan jy waarskynli­k weer in die stort spring!

Hoekom moet ’n mens so skoon wees om sampioene binnenshui­s te kweek as hulle oënskynlik so “maklik” groei in die natuur? “Baie mense wonder daaroor,” lag Craig. “Maar die antwoord is eenvoudig: Die sampioene wat ons in die natuur sien groei, kom van die oorspronkl­ike spore waaruit hulle ontstaan het – nes jou bestaan afgehang het van daardie één spermsel. As jy sampioene kommersiee­l wil verbou of dit suksesvol vir jou gesin wil kweek, moet jy beter groeiomsta­ndighede skep.”

Wat? Wanneer? Waar?

In die regte groeiomsta­ndighede kan jy enige safrofiets­ampioen kweek, hoewel sommige spesies meer nukke het as ander. Begin met ’n sampioen wat in min of meer dieselfde temperatur­e groei as die buitetempe­ratuur. Gebruik in die somer warmweersp­esies soos die pienk oester, Indiese oester of grys oester. In die winter sal die koningsoes­ter, pers ridderswam ( wood blewit) of swartmoril­le ( black morel) beter aard. As jy sjiïtakesa­mpioene wil kweek, is daar plantlyne wat in warm óf koue weer aard. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa