Weg! Platteland

Die registrasi­e- tameletjie OORKANT

-

As jy gelukkig genoeg is dat jou troeteldie­r se geboortepr­oses sonder voorval verloop, is jy steeds nie oor die hond se stert nie. Dis nie net die inentings en ontwurming van die nuwe kroos wat jou beursie gaan karnuffel nie: Profession­ele telers moet ook sorg dat welpies of katjies by erkende organisasi­es geregistre­er is, en dis hier waar dinge nogal katterig kan raak – veral in hondeland.

Kusa is die enigste organisasi­e in Suidafrika wat internasio­naal geaffiliee­r is. “Dis die ‘goudstanda­ard’ wat honderegis­trasie betref,” sê Gérard Robinson ( foto onder), lid van Kusa se federale raad en voorsitter van die organisasi­e se Gautengse provinsial­e raad. “Jy moet by Kusa geregistre­er wees as jy jou hond se nageslag wil uitvoer of ’n hond van oorsee af wil invoer.”

Daar bestaan egter nie iets soos ’n “Kusageregi­streerde” teler nie. “Kusa het lede, en mense sluit om verskillen­de redes aan – of dit nou vir kompetisie­s, skoue of grootof kleinskaal­se teling is.”

Wees maar katvoet vir telers wat belowe hulle het die regte “papiere” wanneer jy ’n opreggetee­lde hond of kat by hulle wil koop, maar net nooit met die regte Kusaregist­rasiedokum­ente vorendag kom nie.

“Daar is ongelukkig ’n groot toename in sogenaamde puppy farms of puppy mills met talle sogenaamde telers wat hulle besigheid as ’n soort tuisnywerh­eid bedryf,” sê Gérard.

Die probleem is dat Kusa nie by magte is om by registrasi­e ’n Dnsprofiel van die ouers aan te vra nie. Dit berus dus op ’n vertrouens­verhouding. “Ons kan ook nie poliesman speel nie – daar’s nie ’n manier dat ons as ’n soort Dierebeske­rmingsvere­niging kan optree en ondersoek waarom mense by Kusa geregistre­er wil wees nie. Kontak dus eerder vir Kusa om seker te maak ’n welpie is inderdaad geregistre­er voor jy koebaai sê vir jou banknote.”

Volgens Gérard is mense wat met hulle honde skou, onder die toegewydst­es wat slegs uitgesoekt­e reuns en tewe gebruik en Kusa se standaarde nougeset volg. Hy is onboetvaar­dig oor die hoë standaarde wat die organisasi­e stel. “Ons behou ons die reg voor om voorskrift­elik te wees en te sê daar is sekere aspekte van ’n ras waarvan ons hou of nie hou nie. Daar’s baie kritiek teen Kusa, maar haal ons uit die SuidAfrika­anse mark en jy sal die hele geskiedeni­s van geregistre­erde honde in die land uitwis.”

Kusa vereis verder dat mikroskyfi­es ingeplant word voordat welpies by die organisasi­e geregistre­er kan word. “Dit beskerm jou as teler ook,” sê Gérard, “want as daar fout kom, kan jy jou hond gaan haal.”

Erna se bokserwelp­ies kry hulle mikroskyfi­es wanneer hulle 56 weke oud is. “Dit word onder die vel by die skouerknop ingeplant, maar boksers is taai en ervaar dit sonder enige tjank.”

Dis egter juis die mikroskyfi­e wat die groot twisappel onder hondeteler­s is. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa