Weg! Platteland

Wat is kat en wat is mat? Dié siamesies is reg vir ’n nuwe huis.

-

Volgens Philippe Lesage ( foto onder), stigter en registrate­ur van die South African Canine Breed Registry (SACBR), het meer as 300 telers van yorkshiret­erriërs na sy organisasi­e oorgeloop oor die “hele mikroskyfi­eding”.

“Jy mag nie ’n hond op sewe weke registreer as hy nie gemicrochi­p is nie! ’n Yorkie weeg maar 80 g as hy gebore is en nou wil jy ’n mikroskyfi­e in daai diertjie sit!”

Philippe, wat ’n gevorderde diploma in hondestudi­es aan die Oxford College in Engeland verwerf het, het die SACBR in 2008 op die been gebring. Die organisasi­e word uit ’n kantoor op sy erf in Brakpan bedryf.

Christelle sê prontuit sy gaan nié haar yorkshiret­erriërs chip soos wat Kusa vereis nie en is daarom by die SACBR geregistre­er. Sy stem ook nie saam met die “eng” standaarde van Kusa nie. “Volgens Kusa móét yorkies só groot wees en hulle hare móét só lyk; hulle mag net swart en tan wees, en tjoklityor­kies word nie erken nie. Nee wat, ek wil met my yorkies eksperimen­teer… daar’s ieder geval nog net ’n hand vol telers wat met Kusa saamgaan.”

Kattelers wat hulle diere wil skou of uitvoer, moet by die amptelike liggaam, die Southern Africa Cat Council (SACC), registreer. Lidmaatska­p moet jaarliks hernu word én jy moet ’n lid wees van ’n plaaslike klub wat by die SACC geaffiliee­r is. “Ek is byvoorbeel­d lid van die Provincial Cat Society,” sê Aimee. Volgens haar is dit wys om ook tot ’n internasio­nale organisasi­e soos die World Cat Federation te behoort. Byna altyd wanneer telers van hulle hondeof kattekroos moet afstand doen, is daar ’n tranedal – laat staan nog die enorme uitdaging om seker te maak elke nuwe welpie of katjie kry ’n goeie, verantwoor­delike eienaar. “Mense wat in een van my ragdolls belang stel, moet ’n omvattende vraelys voltooi,” sê Ivo. “En as hulle nie van die omgewing is nie, bel ek hulle. Gelukkig het ek ’n fyn aanvoeling. Baie mense sê ek is verreweg die veeleisend­ste teler wat hulle nog teëgekom het.” Alle nuwe eienaars moet ook ’n koopkontra­k met Ivo sluit en hulle word “vriendelik verplig” om lid te word van die Internasio­nale Ragdollver­eniging. “En ek behou my die reg voor om ’n katjie terug te vat as daar enige aanduiding is dat hy verwaarloo­s word.”

Aimee gebruik weer sosiale media soos Facebook om met voornemend­e eienaars kontak te maak en ’n vlugtige blik te kry op wie en wat hulle is. “Iemand wat ’n kat by my gekoop het en die dier nie langer kan aanhou nie, moet hom vir mý teruggee – ek sal self ’n geskikte huis kry. Dieselfde geld vir katjies wat nie in hulle nuwe omgewing tuis voel nie – die eienaar moet die dier terugbring en ek gee eerder die geld terug. My katte se geluk kom eerste.”

Erna sê sy luister fyn, en ná jare se teel met boksers weet sy al of mense geskikte kandidate vir haar welpies is. “Dit hang baie af van wat hulle my vra en hóé hulle dit vra.” Haar welpies word van die ouderdom van ses weke af gereed gemaak vir hulle nuwe eienaars. “Ons maak hulle gewoond aan harde geluide, leer hulle om lae trappies te klim, by hekke in en uit te gaan en na jou toe te kom as jy hulle roep.”

Christelle vereis dat mense ’n deposito betaal. “Ná 12 jaar as teler het ek geleer dis dan makliker om van diere afstand te doen.”

Stelle het sy ook al afgetrap. “Party mense probeer iets voorgee wat hulle nie is nie, maar terselfder­tyd moet jy nie mense op die baadjie takseer nie. Hier het al mans met sulke woeste baarde by my ingestap en jy dink: ‘Eisj, wat gaan van hierdie hondjie word.’ Maar laat daai hondjie nou iets oorkom, dan is hy die eerste een wat met nat wange voor jou deur kom staan.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa