Weg! Platteland

Raak ek dan nou oud?

- John Mather, KENILWORTH

My dogter het Zigi Ekron se potplantst­aander in Platteland #5 gesien en besluit dit sal ’n gawe present van haar pa af wees. Dit was vir my baie lekker om die staander te maak (foto regs), maar ek moet net iets sê oor julle bewering dat dit ’n mens “1-2 uur” besig hou.

Hierdie Zigi-kêrel moet ’n soort superwese wees, want dis hoe lank ek besig gebly het: Bestudeer die plan, gaan die inkopielys na en soek op die internet waar ek die hout kan koop (2 uur); ry na die saagmeule toe, plaas bestelling, sny volgens lengte waar moontlik, laai die kar, betaal vir die hout, ry huis toe, laai af (2 uur); pak die kar oor, ry ysterwarew­inkel toe om skroewe te kry, laai af en dra die hout na haar woonstel op die eerste verdieping (2 uur); maak die twee rame, haal een uitmekaar en sit hom weer aan mekaar met die stutplank aan die regte kant (2 uur); sit die res van die staander aan mekaar en maak ’n knoop in my oor om tog ’n elektriese skroewedra­aier te koop (2 uur); verf die onderlaag (2 uur... hierdie is nie net ’n plat oppervlak nie); verf die bolaag en ruim op (2 uur); plus nog koffieblaa­skanse (2 uur).

Ek het dus eerder 16 uur nodig gehad as 1-2 uur. Smaak my ek raak al stadiger...

Ieder geval, baie dankie vir ’n puik tydskrif – ons geniet dit selfs al sit ons hier in die stad vasgekeer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa