Weg! Platteland

Gasvrye Oos-kaap

- Johann Aucamp, KIMBERLEY

Julle artikel “Doer tussen die blou berge” oor Lady Grey, Barkly-oos en Rhodes ( Platteland #7) het my sommer weer na daardie deel van ons land laat verlang. Ek en drie vriende – Hazel Collen en Ivy en wyle Jack Webb – het in April 2013 net buite Rhodes op ’n plaas gaan uitspan. Op die oggend van die 19de het ons verneem dit gaan op die berg sneeu en besluit toe om die pas aan te durf sodat ons bo-op Naudésnek kan wees wanneer die eerste vlokkies val... maar die sneeu het ons voorgespri­ng.

Die volgende dag is ons in modder van ongeveer ’n halwe meter dik en ’n pad so breed soos die voertuig al kruipende teen die berg op na die Tiffindell-skioord, waar ons heerlik saam met die personeel gekuier en stories uitgeruil het. Toe hulle verneem van die moeilike pad tot daar, het een van die personeell­ede sy telefoonno­mmer vir ons gegee en gesê ons moet hom onmiddelli­k kontak as daar enige probleme op die terugtog opduik. Ons het gegly en gerem, maar op elke uitstappie het Jack se bestuursve­rnuf ons gered.

Dankie vir julle pragtige tydskrif en die goeie herinnerin­ge aan die gasvrye mense van Rhodes, Lady Grey en Barkly-oos.

 ??  ?? Die briefskryw­er se reisgenote op die piek van Naudésnek is van links Ivy Webb, Hazel Collen en wyle Jack Webb.
Die briefskryw­er se reisgenote op die piek van Naudésnek is van links Ivy Webb, Hazel Collen en wyle Jack Webb.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa