Weg! Platteland

LANGS DIE R103, KZN-MIDDELLAND

-

Steampunk Coffee hoort boaan jou lys as jy die Kwazulu-natalse Middelland verken en oorval word deur ’n lus vir goeie koffie. Die ligging – die Thokans-garage langs die R103 (naby die afdraai na Lions River) – is niks om oor huis toe te skryf nie, maar die binnekant én die koffie gaan jou aangenaam verras. Die Durbanse musikant Michael Goddard het in Januarie vanjaar na die Middelland getrek met een doel voor oë: om fantasties­e boeretroos te maak. “Ek soek reg oor die wêreld na die beste koffie, maar my winkel gaan ook oor die ervaring: die reuk, die beligting, die musiek, die geselskap.”

Op die spyskaart pronk cappuccino’s en espresso’s en meer eksotiese keuses soos die Shakareto (’n dubbel-espresso met organiese kokosneutb­lomsuiker op ys), rissiemokk­a en cappuccino met ’n strooisel kardemom. Daar is ook lekker happies soos biltongen-bloukaasqu­iche, Deense appelpaste­itjies en Portugese pasteis de nata. –Robynjoube­rt Kontak steampunkc­offee.co.za 072 141 4485

michael@steampunkc­offee.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa