Weg! Platteland

MARBLE HALL

-

As jy in jou omswerwing­e dalk die dorpie Marble Hall in Limpopo raakry, kan jy gerus aftrek vir padkos by Udo’s Deli & Slaghuis op Government Square in die middedorp. Dis ’n tipies platteland­se vleispalei­s met enigiets van goeie vleis tot boerewors en biltong, maar hier is ook allerlei kleinkoeki­es en ander soetgebak, konfyte, slaaisouse, soetgoed en wegneemete­s – en nou praat ons nie net van pasteie, toebroodji­es, vetkoek, jaffels en slaptjips nie, maar ook slaaie, bredies, pap en wors en selfs hoenderpot­e. Udo vertel hy het in een maand al 1,6 ton pap gemaak... Kontak 076 013 5812 (deli) of 082 944 0208 (Udo)

Udos Deli Slaghuis

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa