Weg! Platteland

PLEK VAN DIE GROOTKATTE

- Kontak 082 892 4680 jvbigcats.co.za

Jagluiperd­s het ’n eeu laas wild in die Vrystaat rondgeloop, en Bengaalse tiere het nog nooit hulle voete hier of enige plek in Suid-afrika gesit nie. Tog loop albei dié bedreigde spesies vandag sowat 25 km wes van Philippoli­s wild rond.

Tiger Canyons is ’n stuk grond wat behoort aan John Varty, bekende omgewingsb­ewaarder en filmmaker van verskeie natuurfilm­s, waar hy reeds 20 tiere en 2 jagluiperd­s gevestig het. Die afname in die getalle van tiere – daar is slegs omtrent ’n duisend vrylopende­s oor in die wêreld – het Varty laat voel hy moet iets hier in Afrika doen om dié diere te red.

“Ons het die ruimte hier om die getalle van tiere te laat toeneem. Indien nodig, kan ons die getalle in Asië weer van hier af aanvul.”

Die Mahindra-bakkies waarmee op Tiger Canyons rondgery word, het ’n traliehok op die bak van waar besoekers die veld kan bespied en foto’s neem. Die hokke is daar om te keer dat ’n tier op jou rug beland. Ja-nee, hierdie is nie jou gemmerkat by die huis nie. So ’n tier weeg maklik 170 kg of meer, en hulle tande en naels is lank... en vlymskerp. Vra maar vir John self, wat al deur een van sy tiere aangeval is en baie gelukkig was om lewend daarvan af te kom.

Om die tiere daar in die Vrystaatse veld te sien gee ’n mens trane in die oë – dis ’n ongeloofli­ke gesig. Terwyl ons sit en kyk na Tibo, Tiger Canyons se enigste wit tier, vang sy ’n meerkat. Verder in die veld kry ons vir Ussuri en haar drie welpies, besig om aan ’n vlakvark te smul. Teen sonsonderg­ang sit ons en kyk hoe die rantjies pienk raak agter Sashi en Mara, die twee jagluiperd­s. En ’n mens hoop almal kan die kans kry om dit te beleef.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa