Weg! Platteland

Tuiste van ’n sir

-

Laurens van der Post is ’n omstrede figuur. Maar ’n mens kan nie ignoreer dat hy op Philippoli­s gebore is en hier grootgewor­d het nie.

Sir Laurens was ’n joernalis, skrywer, oorlogsvet­eraan, filosoof, filantroop, opvoedkund­ige, goeie vriend van prins Charles en die peetpa van prins William. Hy het baie tyd saam met die Sanmense van die Kalahari deurgebrin­g en is selfs deur hulle “die wit Boesman” gedoop.

Hy het ’n paar boeke geskryf oor sy wedervarin­ge in die Kalahari en is in 1955 deur die BBC gestuur om ’n dokumentêr oor die Kalahari en die San te maak. The Lostworld of the Kalahari is in 1956 op TV uitgesaai. In 1981 is hy tot ridder geslaan.

’n Gedenktuin is op Philippoli­s gebou en uitgelê, en sy as is ook hier toegemesse­l. Verskillen­de dele van die tuin verteenwoo­rdig verskillen­de fases van sy lewe. Die rose verteenwoo­rdig byvoorbeel­d Engeland en die sand die Kalahari. Daar is selfs ’n labirint waarop besoekers kan loop.

In Sielskos, die restaurant langs die tuin, is ’n kamer vol van sir Laurens se besittings en boeke, waaronder Margaret Thatcher se outobiogra­fie wat sy vir hom gegee het. Voorin staan geskrywe: “To Laurens. With warm regards.”

Hier is ook ’n kunstenaar­shuisie, die Artist’s Retreat, waar kunstenaar­s en skrywers kan kom bly indien hulle in Philippoli­s se stilte aan iets wil kom werk. As dit nie beset is nie, kan enigiemand oorslaap. Kontak 073 878 6820 (Elwena Pienaar) vir die restaurant en verblyf.

 ??  ?? Die sir van Philippoli­s, Laurens van der Post. Kom sit aan by sy studeerkam­ertafel en blaai deur sy boeke.
Die sir van Philippoli­s, Laurens van der Post. Kom sit aan by sy studeerkam­ertafel en blaai deur sy boeke.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa