Weg! Platteland

Kom eet en vertoef hier

-

Dis vir Zelma moeilik om net een gunsteling-eetplek op Calitzdorp te kies – sy sê sy hou van enige plek wat ’n bietjie anders is. En daar’s ’n hele paar van hulle...

• Spekboom Country Kitchen & Pub Net die plek vir ’n rustige drankie en heerlike ete terwyl jy jou verkyk aan die besonderse Klein-karoo-sonsonderg­ang. 044 213 3725 (Judy Fick) calitzfocu­s@mweb.co.za • Peppertree Books & Bites Kom maak ’n draai vir heerlik eklektiese Oosterse kos – dis ’n ervaring wat ’n mens nie in die KleinKaroo verwag nie! Zelma koop baie van haar tweedehand­se boeke hier.

083 999 0646 (Gary Lawson) • Port O’ Deli Dié eetplek is bekroon as een van die 20 toprestaur­ante in die KleinKaroo en een van die Top 500 in SA. Geniet Portugese geregte, veral seekos.

044 213 3007 (Mizé van Rooyen) • Zamani Dis die plek op Calitzdorp vir ’n heerlike Sondagmidd­ag-buffet.

044 213 3701 (Isabel van Wyk) • Die Dorpshuis Calitzdorp se heel eerste B&B en restaurant wat in 1991 sy deure oopgemaak het. ( Voor dit het reisigers maar die frikkadell­e en blougekook­te eiers hier oopgemaak. – Reds.) Jy kry tradisione­le SuidAfrika­anse kos hier, waaronder volstruis.

044 213 3453 (Marinda van Wyk) • Gallery Route 62 & Coffee Café Geniet vars tuisgebak en Baruch’s-koffie op die stoep van dié pragtige galery in Koninginst­raat terwyl jy die lewe in Calitzdorp se heel eerste hoofstraat dophou.

044 213 3227 (Penny Rudder) • Oude Postkantoo­r Dié galery-en-koffiewink­el op die skilderagt­ige Groenfonte­inroete – dis ook deel van Arts Route R62 – is ’n welkome aftrekplek vir ligte etes en verversing­s. Hier kan besoekers hulle ook verkyk aan ’n indrukwekk­ende versamelin­g kunswerke.

083 285 4751 (Mike Muuren)

 ??  ?? Gallery Route 62 & Coffee Café
Gallery Route 62 & Coffee Café

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa