Weg! Platteland

KOM KRY JOU LÊ IN DIE STROOIKOOI

-

Zelma het vir die lekker – amper meer as om den brode – ’n unieke gastehuis tussen die wingerde begin. Strooikooi is twee rug-aan-rug selfsorgee­nhede, elk met ’n ruim slaapkamer, outydse badkamer en kombuisie.

Die mure is ’n houtstrukt­uur met strooibale (vandaar die naam) wat dan met ’n kleilaag gepleister is. Die klem, sê Zelma, was op plaaslike hande en goedkoop materiaal. Die huisie het ’n sinkdak en rietplafon, en die vensterram­e en deurkosyne is alles tweedehand­s. Met Zelma se kunstige hand is die binnekant omtower in ’n koel rusplek met stylvolle ligte eenvoud.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa