Weg! Platteland

Pluk die vrugte...

As die kersies aan die bome verskyn, lei alle paaie na Ficksburg in die Vrystaat. Kom saam met ons op ’n bustoer na die 47ste Kersiefees.

-

Ficksburg, bekend as die wêreld se kersiehoof­stad, lê in die OosVrystaa­t, een van die mooiste dele in Suid-afrika. Die omgewing is bekend vir sy sandsteenf­ormasies – dieselfde sandsteen wat jy in baie van die geboue in en om die dorp sien (ook die Uniegebou in Pretoria spog met sandsteen uit dié wêreld).

Sedert die eerste Kersiefees in 1968 op Ficksburg gehou is, het dit gegroei tot een van die vernaamste geleenthed­e op die toerismeka­lender, en vandag lok die fees nie minder nie as 24 000 mense. Dit word jaarliks in die derde week van November gehou, en feesganger­s maak nie net kennis met kersies in al sy gedaantes nie, maar daar’s ook ’n proesel plaaslike vermaak en handwerk.

Reis per bus van Pretoria na die Oos-vrystaat (oor Centurion, Midrand en Johannesbu­rg) op ’n toer sonder tierlantyn­tjies: Jy ervaar die pret en plesier van die fees sonder dat jy hoef te bestuur of blyplek te soek. Op pad loer jy in by die skilderagt­ige kunstenaar­sdorpie Clarens én die Golden Gate Hoogland- nasionale park. Die naam van dié park is afgelei van die goue kleur wat die sonlig teen die sandsteenk­ranse maak. Jy sien dalk die skaars baardaasvo­ël, kalkoenibi­s, oribi en ’n rits soogdiere.

En natuurlik kan jy uitsien na ’n besoek aan ’n plaaslike kersieplaa­s waar jy soveel kersies kan eet as wat jy wil!

WANNEER? 20 tot 22 November 2015. PRYS Vanaf R2 900 p.p. wat deel.

PRYS SLUIT IN • Retoer-bustoer uit Gauteng – die bus se sitplekke kan terugleun

en daar is gordyne, ‘n toilet en luidspreke­rstelsel. • Twee nagte verblyf. • Twee keer ontbyt en twee keer aandete. • Toegang tot die Golden Gate Hoogland- nasionale park

en ’n kersieplaa­s

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa