Weg! Platteland

HIER TUK-TUK, DAAR TUK-TUK

-

Dirkie Coetzee is ’n man met dryfkrag en vindingryk­heid – en ongeewenaa­rde energie. Hy en sy vrou, Thea, woon sedert 1981 al op Uniondale en het saam die “Skoonheids­entrum” op die dorp waar hulle apteekgoed, skryfbehoe­ftes en van hulle heerlike tuisgebak verkoop. (Die naam het hulle saam met die gebou geërf en dit net nooit verander nie, lag hy.)

Nou is Dirkie ook toergids: Hy het vir hom ’n tuk-tuk gekoop wat met sy eensilinde­r-dieselenji­n alte flink deur die strate prt-prt-prt.

Hy ry met jou in die hoofstraat af en dan is dit stofstrate toe, daar waar die huise ylgesaai tussen die weidingska­mpe staan. Jy hou stil by die groot ou kurkboom aan die begin van die dorp, die sinagoge, Victoriast­raat (met die oudste huise op die dorp), die Engelse begraafpla­as, die nagmaalhui­sies, die NG kerk. Jy gaan maak selfs ’n draai in die Vrystaat… nee, nie regtig nie – dis die deel anderkant die rivier, op pad grootpad toe. Hier sien jy die rooskweker­y en skiet dan gholfbaan toe, waar jy dalk net ’n springbok op ’n setperk sal aantref. Kontak 071 152 1046

uniondalet­ours@outlook.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa