Weg! Platteland

Vloei deur die berge

NABY MOKOPANE

-

Hierdie is die R518 in die Waterberg, wes van Potgieters­rus (nou Mokopane). Wanneer jy op dié pad die berg bereik, kronkel jy op ’n kort pas deur die kloof – dan kan jy reguitaan ry tot by Ellisras (Lephalale) of links draai Vaalwater toe. Die Waterbergr­eeks is nie gevorm deur ’n kontinenta­le botsing of vulkaniese uitbarstin­g nie. Soos ’n mens uit die naam kan aflei, was dié gebied eens op ’n tyd vol massiewe mere en riviere. Die water het stadig teruggetre­k, wat groot blokke rooipers sandsteen uitgekalwe het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa