Weg! Platteland

Alles net joune

NABY HOBAS, NAMIBIË

-

As jy ’n grondpad soek waar jy omtrent ’n spirituele ervaring kry, gaan ry teen sonop die stuk pad suid van Hobas. Dis breed en oop, en die veld is in goud gebaai. Na die weste lê die Visrivierc­anyon, wat omring word deur berge in elke skakering van pers. As die son dan bo die horison verskyn, word die landskap van kleur gestroop. Dan is dit tyd om stil te hou, ’n koffietjie te skink en die oomblik te waardeer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa