Weg! Platteland

Vryloop of fiksie?

-

“Ons wil kos kweek op ’n natuurlike, etiese manier. Ál meer verbruiker­s wil weet hoe hulle kos geprodusee­r word en ons klante maak staat op ons om kos op dieselfde manier groot te maak as wat hulle sou as hulle die kans gehad het,” sê Craig.

Maar die Alisons het gou agtergekom daar is geen beheerligg­aam in Suid-afrika wat toesien dat dit wat probeer voorgee om “free range” te wees inderdaad so is nie – en nou is hulle hulle eie waghond.

“Die departemen­t van landbou, bosbou en visserye kom inspekteer ons elke ses maande en het die plaas as ‘free range’ gesertifis­eer. Ons wens ander ware vryloopboe­re wil dieselfde moeite doen. Daar is nou wetgewing vir kosetikett­e, maar as dit nie gepolisiee­r word nie, hoe weet verbruiker­s dit is waar?” vra Vicky.

Die henne by Highveld word aangehou volgens verskeie dierewelsy­n-vryhede: “Ons glo hoenders moet toegelaat word om soos hoenders op te tree. Hulle moet doen wat vir hulle natuurlik is. Hulle het te alle tye goeie kos en skoon water nodig, asook beskutting teen die son, beskerming teen natuurlike roofdiere, die vryheid om eiers te lê wanneer hulle wil (sonder kunsmatige lig), toegang tot baie ruimte, en die vryheid om ’n sandbad te geniet en rond te hardloop en te skrop. Dis vir ons die lekkerste ding om die hoenders dop te hou terwyl hulle natuurlike gedrag toon,” sê Craig.

Onder dié dames is ’n sandbad duidelik ’n groot gunsteling. Nie net raak hulle daarmee van irriterend­e velparasie­te ontslae nie, maar dis ook ’n sosiale aktiwiteit – groepies henne skop oral in die skure en kampies taamlike stofstormp­ies op.

Die henne kry Epol-graanvoer en word geen dierenewep­rodukte, hormone of roetine-antibiotik­a toegedien nie. Voer maak ongeveer 70% van die insetkoste uit en neem ook jaarliks toe – een ton lêmeel kos ongeveer R3 500.

“Ons wil nie hoenders in hokke aanhou nie – dis nie hoe ons wil boer óf leef nie. Met die vryloopben­adering moet jy heeltyd weet wat aangaan en dinge bestuur... terselfder­tyd moet ek byvoeg ons lêskure word só ontwerp dat dit die minimum arbeid nodig het: Daar’s ’n kettingvoe­rstelsel, nippelwate­rpunte en nesbokse. Die water en voer word outomaties toegedien. Al wat ons moet doen, is om die eiers te versamel, die mis een keer per week om te dolwe, en die hoenders te ontwurm en entstowwe toe te dien vir siektes soos Newcastle en aansteekli­ke bronchitis.”

 ??  ?? ARENDSOOG Die hoendersku­re word snags toegemaak en dan om 08:30 oopgemaak – teen dié tyd het die henne al 90% van hulle eiers gelê; buite het die geveerde spannetjie toegang tot baie plek en sappige groen grassies.
ARENDSOOG Die hoendersku­re word snags toegemaak en dan om 08:30 oopgemaak – teen dié tyd het die henne al 90% van hulle eiers gelê; buite het die geveerde spannetjie toegang tot baie plek en sappige groen grassies.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa