Weg! Platteland

Skure vol henne

-

Craig se gunsteling­ras is die Hy-line Brown, met kort op hulle hakke die HyLine Silver. “Hulle lê regdeur hulle lewe ’n groter eier, wat mense verwag as dit vryloop is en jy ’n hoër prys vra,” sê hy.

Die produksies­iklus vir etiese eiers begin wanneer hulle dag oue Hy-linekuiken­s koop. Craig sorg dat hulle hulle voete vind in ’n snoesige nuwe broeihuis bekend as die “Nursery”. Vyf weke later word hulle geskuif na die “Playground”, en op 16 weke, wanneer hulle begin eiers lê, trek hulle na ’n lêskuur waar hulle dan die res van hulle lewe bly. Die henne word op ongeveer 75 weke, wanneer die produksie begin afneem, verkoop. “Ons het ’n enorme aanvraag na uitskotvoë­ls van klante wat mal is oor die goeie ou ‘Zoeloe’-hoenders – taai en geurige hoenders wat ’n heerlike kerrie of bredie maak,” sê Vicky.

Elke lêskuur het ’n kampie reg rondom waarop kikoejoe en eragrostis in die somer groei, en hawer en raaigras in die winter. Sodoende het die henne heeljaar groenighei­d om te eet – iets wat help vir ’n mooi heldergeel dooier.

Die henne beweeg bedags vrylik tussen die skure en die kampe, maar word deur die nag in die skure toegesluit. “Hulle lê 90% van hulle eiers voor 08:30, en daarom hou ons hulle binne sodat dit makliker is om die eiers te kry – ook om seker te maak die eiers is elke dag skoon en vars,” verduideli­k Craig.

Die skure vir die volwasse hoenders het nie kunsmatige temperatuu­rbeheer nie en word ook nie met gas verhit nie. “Volwasse hoenders kan temperatuu­rveranderi­nge weerstaan. Ons laat sak gordyne wanneer dit kouer word. Ook as dit volmaan is – ons het ’n hoër vrektesyfe­r as dit volmaan is, want die henne volg die lig en spring dan op mekaar.”

Craig het al ’n paar truuks geleer om onnodige vrektes in die lêskure hok te slaan – soos om maasdraad in die >

hoeke te sit sodat die hoenders nie soontoe storm en mekaar dooddruk nie. “Ons het ook sitplek vir uile op die dak, want die hoenders raak verward wanneer die uile kom land,” sê hy.

Die henne word met elektriese heinings beskerm teen ape, honde en katte. “Die henne laat van hulle hoor en jy leer om ingestel te wees op hulle geluide. Ons kan dadelik hoor as iets fout is. Eenkeer het ’n roofvoël by die skuur ingevlieg en daar was chaos. Ons het dadelik soontoe gestorm, maar toe ons daar aankom, was 150 van die henne al dood. Die een roofdier waaroor ons ons nié bekommer nie, is slange. Die hoenders maak korte mette van hulle,” sê Craig.

Die Alisons se henne is duidelik dolgelukki­g, en die beloning is duisende eiers wat jy met ’n skoon gewete kan geniet.

Highveld Eggs

highveld@iuncapped.co.za Midlands Eggs midlandseg­gs.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa