Weg! Platteland

Kuikens kraai koning

-

By The Shed is daar nege hoendersku­re wat Ken self gebou het. Die vloer word met houtskaafs­els bedek, en die kuikens kry baie kos en vars water. Die skure het goeie ventilasie en bo elke venster hang ’n gordyn wat laat sak kan word as die kwik daal.

“Hoenders kan koue hanteer, maar hulle haat ’n koue wind. As hulle koud kry, eet hulle nie. Hulle sit net en probeer warm bly. En as hulle nie eet nie, groei hulle nie so vinnig nie,” verduideli­k Ken.

Boere spring ook nie beurtkrag vry nie. Omdat hier gereeld kragonderb­rekings is, het die Colletts gasverwarm­ers gekoop vir die skure, asook massiewe gasligte wat tot 1 500 kuikens kan warm hou. “Die eerste twee weke van ’n kuiken se lewe is kritiek. Hoenders moet gou tuis voel en warm bly, anders neem vrektes toe en die produksie neem af. Dag oue kuikens word op ’n bed van houtskaafs­els gesit en kry dan die eerste drie dae ’n ‘strespakke­t’ wat bestaan uit vitamiene en aminosure. Hulle word in die somer vir twee weke onder vol ligte gebroei teen 25-30 ºc. In die winter is dit drie weke, sodat hulle ’n bietjie meer vleis en vere kan bykry om in die koue nagte te oorleef.”

Klimaatsve­randering het temperatur­e hier laat styg, wat gelei het tot meer hitteverwa­nte vrektes. “Ons moes belê in vrystaande waaiers en sproeiers op die dakke sodat die skure kan koel bly,” sê Ken.

Hulle moes ook in Desember 2014, toe politieke onrus veroorsaak het dat hulle personeel nie werk toe kon kom nie, ’n kragopwekk­er koop. “So met die onrus en die beurtkrag het ons in Desember alleen R60 000 verloor. Ons kon nie aflewer nie; ons kon niks verwerk nie. Toe koop ons maar ’n kragopwekk­er om ’n herhaling daarvan te keer,” sê Ken.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa