Weg! Platteland

G’N SOUTWATER HIER

-

Ná 18 maande waarin sy haar hare uit haar kop wou trek, het Zof ’n moeilike hekkie in haar verwerking­sondernemi­ng oorkom: Om ’n resep vir hoenderwor­s en -patties te ontwikkel wat geen MSG, krummels of water bevat nie.

“Ons het dit uiteindeli­k reggekry. Ons maak nou ’n wors wat net so eerlik is soos ons hoender,” sê sy opgewonde.

“Een van ons grootste verrassing­s was om uit te vind wat regtig met kos gebeur voordat dit in supermarkt­e beland. Vars hoenders word byvoorbeel­d in soutwater en preserveer­middels gedoop.”

Dis baie algemeen om soutwater in hoender te spuit voordat dit gevries word – dit maak die hoender sappiger en geuriger, sê pluimveeve­rwerkers. Maar Zof weier volstrek om deel te wees van dié praktyk. “Die soutwater gee op ’n kunsmatige manier ekstra gewig aan ’n hoender, en uiteindeli­k betaal klante vir water. Ons is trots op ons produk en wil altyd eerlik wees. Ons wil ’n hoender produseer wat nie vol medisyne of hormone is nie. Dié manier van boer gaan ons nooit ryk maak nie, maar minstens sukkel ek nie om te slaap nie,” sê Zof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa