Ag­ter­plaas-braai­kui­kens

Weg! Platteland - - Hoenderverslag -

• Voor­dat jy ’n braai­hoen­der­be­sig­heid aan­durf, kyk mooi na jou mark: Waar is die aan­vraag? Kan jy mee­ding met die prys wat jou po­ten­si­ë­le klant tans be­taal? Hoe ver is die mark van die plaas af? Hoe ver is die a­bat­toir? • Soek ’n goeie bron vir vloer­be­dek­king. Ver­sprei die bood­skap on­der saag­meu­lens dat jy op soek is na s­kaaf­sels. Ons koop nie vloer­be­dek­king nie – ons krap net rond hier by die saag­meu­lens. Par­ty men­se kom laai som­mer saag­sels hier op die plaas af. • Hoe ver­der jy van ’n voer­meu­le af is, hoe duur­der is jou ver­voer­kos­te vir kos. Koop voer van ’n ver­skaf­fer wat toets vir gif­stow­we. • Moe­nie te veel hoen­ders aan­hou nie. Hul­le het ruim­te en ven­ti­la­sie no­dig. In die win­ter moet jy nie die skuur te dig toe­maak nie, want dit kan a­sem­ha­ling­siek­tes ver­oor­saak. In die so­mer kan hul­le oor­ver­hit en vrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.