Weg! Platteland

Chicken Little

- Lente 2015

hou, het ons altyd geweet hy sal waarskynli­k eerste moet gaan. Toe die kuikens groter was, het hulle geskuif na ’n manjifieke tuisgemaak­te hoenderpal­eis met baie ruimte en lig – sonder koue trekke. Die haantjies het begin kraai en die henne het op hulle tyd begin lê. Die ander hoenders het Chicken Little daagliks gejaag en aangeval. Hy was nog kleiner as die ander en het op sy eie gebly, waarskynli­k om die ander se boelietakt­ieke te vermy.

Don Dis byna onmoontlik om die geslag van jong kuikens te bepaal, maar volgens die wet van gemiddelde­s sal omtrent die helfte van die kuikens manlik wees. Die enigste manier om uit te vind is om te wag tot hulle groter is. Selfs al is jou plan om met jou hoenders te teel, sal jy nooit al die hane saam met die henne kan aanhou nie. Twee volwasse hane kom soms oor die weg, maar meestal baklei hulle en beseer mekaar. Selfs al gebeur dit nie, sal meer as een haan vir elke sewe of agt henne daartoe lei dat hulle te veel paar, wat kaal kolle of selfs sere op die henne kan veroorsaak. Ek het reg van die begin af geweet ons sal van die hane moet slag.

Rosie Ek is sedert 2013 toenemend betrokke by die produksie en bemarking van volhoubare vleis. Ek is ook al hoe meer gefassinee­r oor waar my kos vandaan kom, maar ook baie besorg oor hoe min ons werklik hieroor weet.

Ek was agt jaar oud toe ek die eerste (en enigste keer) gesien het hoe ’n hoender geslag word. Ek het teen die draad van ons groentetui­n in Johannesbu­rg gestaan en kyk hoe ons huishoudst­er ’n hoender keel afsny, onderstebo hang en die bloed in ’n groen bak opvang. Geroosterd­e hoender was (en is steeds) my gunsteling-maaltyd. Maande agterna het Mary my nog geterg dat ons daardie hoender vir aandete gaan eet. (Ek weet tot vandag toe nie of dit wel die geval was nie.)

In Maart vanjaar het ons ons gereed gemaak om ons eie hoender te slag. Dié slag was ek ’n gewillige deelnemer eerder as ’n geskokte omstander. Omtrent sewe jaar gelede terwyl ek besig was met veldwerk vir my M.SC.graad – ons het dae aaneen in die Sederberg blomme dopgehou, insekte gevang en oor die lewe en die dood gedink – het ’n vriend vir my gesê hy glo nie ’n mens mag diere eet as jy nie ook bereid is om hulle dood te maak nie. Sy uitlating het by my bly spook… dit het destyds vir my gevoel of ek wegskram van ’n “waarheid” deur vleis te eet terwyl ek nie bereid was om self ’n dier dood te maak nie. Ek dink dit is waarom hierdie proses vir my so betekenisv­ol was: om jou eie hoender groot te maak, te slag en te eet. Dit vergoed nie naastenby vir al die vleis wat ek al in my lewe geëet het nie, maar dit het tog ’n verskil aan my gemaak.

Volhoubare vleis

Don Ons werk albei in die omgewingse­ktor en word elke dag herinner aan die impak wat mense en landbou op natuurlike habitatte en die omgewing het. Ons weet elke maaltyd wat ons eet, het gevolge, en ons dink ernstig oor hoe ons meer volhoubare keuses kan maak. Ek was selfs vir ’n paar jaar ’n vegetariër tot ek besef het dat vleis wel ’n volhoubare keuse kan wees. Om soja te eet wat gekweek is op grond wat eens deel was van die Amasonewou­d, is beslis nie iets wat ek willens en wetens sal ondersteun nie, terwyl ek geen probleem het om die heerlike vleis van lammers te eet wat op natuurlike Karoo- en grasveld grootgemaa­k is nie. Ons is ernstig oor goeie kos. En dit bring my weer by my hoenders. Ons hoenders en groentetui­n gaan net soveel oor bestanddel­e en varsheid wat ek in geen winkel kan koop nie as oor ’n meer volhoubare leefstyl. Hoenderhan­e is nie net ongewenste diere wat ’n bietjie te aggressief is en nie eiers lê nie – hulle is ook potensiële coq au vin. En regte coq au vin is onmoontlik om te maak sonder ’n regte haan.

Die begin van die einde

Rosie Ek en Don het weke lank hieroor gepraat. Vriende van ons wat dieselfde tyd as ons hoenders gekry het, het hulle hane begin slag en die hoenderbre­die en -pastei op hulle foto’s het heerlik gelyk. Die tyd het aangebreek.

Don het navorsing gedoen oor hoe ’n mens die taak moet aanpak. Ek het net die opdragte uitgevoer. Die mees traumaties­e deel was om Chicken Little te vang – al die ander hoenders was relatief mak, maar Chicken Little was gewoond daaraan om vir die boelies te vlug... Die ander hoenders het ’n allervrees­like keel opgesit en rondgeflad­der in die hok, en ná twee onsuksesvo­lle probeersla­e het Don ’n gooinet gaan haal en hom in ’n hoek vasgekeer. Ons

‘Ek voel eerlikwaar meer skuldig oor en gewalg deur al die gesiglose diere wat ek al geëet het as oor die een wat sy kop in ons agtertuin verloor het. Dit voel of hy meer gewaardeer word.’

het hom buitentoe gedra na waar Don ’n slagplek voorberei het. Chicken Little was skielik kalm en stil. Don het ’n lus om sy nek geknoop. Ek het die tou vasgehou om die nek reguit op die houtblok te hou en toe het die panga geval... dwah! Dit was oombliklik, en verbasend genoeg sonder emosie. Ek was eintlik verbaas oor hoe “reg” dit gevoel het. Moenie my verkeerd verstaan nie: Dit is nie asof ek nou heeldag diere wil doodmaak nie, maar omdat ek my lewe lank al ’n ligte karnivoor is en in die sektor vir volhoubare rooivleis werk, het dit soos ’n openbaring gevoel om ’n dier te eet wat ons goed grootgemaa­k en self doodgemaak het. Ek voel eerlikwaar meer skuldig oor en gewalg deur al die gesiglose diere wat ek al geëet het as oor die een wat sy kop in ons tuin verloor het. Dit voel of hy meer gewaardeer word.

Don Ek het as kind al geleer as jy diere wil hê, is die dood deel van die pakket. Kleiner diere leef eenvoudig nie so lank nie – hulle raak siek of oud, of kry seer – en “uitsit” was baiekeer die enigste verstandig­e opsie vir ’n gesin wat dit nie kon bekostig om ’n dierearts te betaal om ’n hoender van kant te maak wat nie op tuisbehand­eling gereageer het nie. Al was dié taak dikwels myne, beteken dit nie ek het dit ooit geniet of ligtelik opgeneem nie. As volwassene wou ek seker maak ek doen dit op die mees menslike manier. Die internet het die antwoorde gehad: Eerstens moet jy nie die hoender traumatise­er nie, maar gelukkig is die meeste van ons hoenders gewoond daaraan dat mense hulle hanteer. Dit help ook dat hoenders van nature stil word en byna verstar as jy hulle onderstebo hang net voordat hulle geslag word. Mense wat gereeld slag, stem saam dit help baie om die hoender in ’n “slagkeël” te sit met die nek en kop wat aan die onderkant uitsteek sodat jy die nekslagaar vinnig met ’n baie skerp lem kan afsny. Dit veroorsaak minimale of geen stres nie, en byna onmiddelli­ke dood. Ek het nie ’n slagkeël gehad nie en was ’n bietjie senuweeagt­ig om die nekslagaar te soek. Gevolglik het ek op ’n aangepaste weergawe van die tradisione­le agterplaas­metode besluit: Ek het seker gemaak my panga is vlymskerp, ’n sagte lus oor Chicken Little se kop getrek sodat ons hom kon uitstrek oor ’n houtblok sonder dat ons vingers of hande dalk in die pad kom, en sy kop met een ferm hou afgekap. Ons het die karkas aan sy voete opgehang om te dreineer... die vlerke het gelukkig net ’n paar keer halfhartig geklap.

Pluk, kook, eet

Rosie Hierna was die pluk van die vere nogal verbasend maklik: Doop die karkas vir ’n paar sekondes in baie warm water en begin pluk. Die vere het in groot bosse uitgekom en die vel was goudgeel! Omdat ons albei bioloë is, het die skoonmaak- en oopsnypros­es van die karkas soos ’n interessan­te anatomie-opknapping­skursus gevoel. Ek het vir die eerste keer in my lewe ’n hoendermaa­g gesien. Dit was ’n ongeloofli­ke helder skakering groen en vol gruis. >

Fassineren­d. Ons het die coq au vinresep in The River Cottage Meat Book gekies om hulde te bring aan Chicken Little. En dit was heerlik.

Don Ek is mal oor my hoenders en bring elke dag tyd saam met hulle deur. Die ses henne lê amper elke dag ’n eier elk. Ek ken die twee oorblywend­e kêrels goed genoeg om hulle uit te ken aan klein verskille in hulle grootte en vere. Hulle het selfs name gekry: Marshall Glazer, die alfamannet­jie, is genoem na die rekenmeest­er wie se outydse deur nou die ingang na die hoenderpal­eis vorm, terwyl Roger se vroeë grootte ons laat vermoed het hy sal al die bevrugting­swerk behartig. Die seuns is nou groot hane, waarskynli­k drie of vier keer so groot soos ’n supermarkh­oender, en hulle kan baie befoeterd wees. As jy die hok te vinnig binnekom, gaan hulle vir jou maermerrie en laat hulle spore die praatwerk doen. Ons het albei ook al onder hulle snawels deurgeloop dat die bloed loop, en die dames begin al effe gehawend lyk van al hulle aandag. Ons hoenders is plaasdiere – nie troeteldie­re nie. Hoewel my liefde vir hulle my laat huiwer oor watter een volgende geslag moet word, sal dit nie die onvermydel­ike kan keer nie. Om die waarheid te sê sien ek daarna uit om nou ’n regte tradisione­le coq au vin te maak pleks van die kitsweerga­we wat jy met supermarkh­oender of ’n jong haan kan optower. Die diere wat ons grootmaak, gaan nooit ’n substansië­le deel van ons dieet vorm nie, maar vir ons is dit goed om af en toe vleis te eet wat ons met absolute sekerheid kan sê afkomstig is van ’n dier wat ’n goeie lewe gehad, net goeie kos geëet en toe met die minimum trauma gesterf het. Dit herinner ons ook om te dink waar die vleis wat ons eet vandaan kom.

Rosie Sedert die dag toe ons Chicken Little geëet het, dink ek baie na oor wat dit beteken om ’n tradisione­le boer te wees: Om jou eie diere te teel, te voer en te slag en dit saam met jou geliefdes te eet. Dit is iets moois, amper seremoniee­ls, en ’n belangrike deel van die menslike toestand. In elke geval aansienlik meer as om by die supermark in te draf en ’n pakkie naamlose vleis van onnaspeurb­are afkoms in plastiek te koop. (Maar ek moet byvoeg ek maak my steeds hieraan ook skuldig.)

 ??  ?? 1 Die pieperigst­e kuikentjie op drie weke. 2 ... en as ’n windmaker jong haantjie. 3 Die plek waar die tydige met die ewige verwissel is. 4 Vir Rosie en Don was die oopsny van die karkas soos ’n anatomie- opknapping­skursus – en die maag was tot hulle verbasing grasgroen. 5 Chicken Little setransfor­masie tot ’n coq au vin.
1 Die pieperigst­e kuikentjie op drie weke. 2 ... en as ’n windmaker jong haantjie. 3 Die plek waar die tydige met die ewige verwissel is. 4 Vir Rosie en Don was die oopsny van die karkas soos ’n anatomie- opknapping­skursus – en die maag was tot hulle verbasing grasgroen. 5 Chicken Little setransfor­masie tot ’n coq au vin.
 ??  ?? 45
45
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 1231 Die henne se uitspanple­k. Don het die struktuur ontwerp sodat dit warm is in die winter en koel in die somer. 2 Die halfdosyn henne verskaf ’n goeie voorraad vars eiers. 3 Roger en Marshall, die twee hane, is minstens dubbel die grootte van supermarkh­oenders.
1231 Die henne se uitspanple­k. Don het die struktuur ontwerp sodat dit warm is in die winter en koel in die somer. 2 Die halfdosyn henne verskaf ’n goeie voorraad vars eiers. 3 Roger en Marshall, die twee hane, is minstens dubbel die grootte van supermarkh­oenders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa