Weg! Platteland

Lees meer

-

HOENDERS IN DIE AGTERPLAAS

Backyardch­ickens.com is ’n goeie webwerf vir alles wat jy moet weet om hoenders verantwoor­delik groot te maak – daar is ook ’n aktiewe gebruikers­forum, goeie inleidende afdelings en gedetaille­erde inligting. Soos enige ander lewende hawe is hoenders ’n groot verantwoor­delikheid. As jy dit oorweeg om hoenders te kry, moet jy deeglik bewus wees van hoeveel tyd en hulpbronne dit van jou sal verg.

OM HOENDERS TE SLAG

Daar is talle grieselrig­e Youtube-video’s oor hoe om hoenders so menslik as moontlik te slag. Dit voel dalk aaklig om hierdie video’s te kyk, maar as jy bereid is om ’n hoender te slag, behoort jy ook bereid te wees om te kyk wat die beste manier is om dit te doen.

Die meeste ervare, deernisvol­le bronne stem saam dat die afsny van die nekslagaar byna oombliklik­e dood veroorsaak met min of geen gespartel of enige ander tekens van angs nie. Dié metode sorg ook vir vleis van beter gehalte. Die volgende webblad is geskryf deur iemand wat diep besorg is oor dierewelsy­n en maak ’n weldeurdag­te saak hiervoor uit:

peterdicki­nson.hubpages.com/hub/ How-to-kill-a-chicken

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa