Weg! Platteland

Oeroue verleidste­rs

Het jy al moed opgegee met daai deksels mooi, deksels duur supermark-orgideë wat jou keer op keer verlei en dan binne twee maande vrek? Só maak ’n mens om Phalaenops­is- en Cymbidium-orgideë gelukkig te hou.

- TEKS CORNÉ PRETORIUS EN ANDRÉ BEAURAIN FOTO’S KOSIE JANSEN VAN RENSBURG EN MONIQUE MOUISSIE

Al is orgideë stokoud, is hulle bitterlik verleideli­k en ewe slinks. Jy kan maar sê hulle is so oud soos die dinosourus­se, net aansienlik slimmer. Terwyl die dinosourus­se hulle laaste asem uitgeblaas het, het orgideë eenvoudig hulle evolusionê­re flikkers nóg harder gegooi en hulleself onweerstaa­nbaar gemaak vir insekte.

Party spesies lyk byvoorbeel­d net soos hulle gunsteling-insek. Die insekte sien dan die blomme aan vir familie, en as hulle gou land vir ’n kuiertjie, word hulle met stuifmeelk­orrels oorlaai. Ander orgideeblo­mme lyk weer soos die insek se vyand: Die insek val dus die “indringer” herhaaldel­ik aan en help só om die stuifmeel van blom tot blom te versprei. Die slim mense noem dit “pseudo-antagonism­e”.

’n Mens kry ook soorte wat fantasties lyk, maar soos vrot vleis ruik (amper soos party mense); ander ruik na sjokolade en kaneel; party boots die geur van die blomme om hulle na (omdat bye meestal by een blomsoort hou); en nog ’n klomp stel hulle parfuum slegs snags vry wanneer sekere soorte motte erg belustig is.

Vandag is orgideë een van die grootste en gevorderds­te plantfamil­ies: Daar is meer as 25 000 spesies, en byna daagliks nog word hulle in laboratori­ums gekruis en gehibridis­eer. Ons het self al ’n paar spesies hier op Riebeek-wes gekruis om blomme te produseer wat niemand nog gesien het nie. Voor jy jou oë uitvee, is jy verslaaf. Dis wat orgideë aan jou doen...

Toeka se dae

Orgideë het deur die eeue heen nog altyd ’n mistieke, romantiese beeld gehad, en in die Victoriaan­se era is ’n landheer se rykdom gemeet aan die hoeveelhei­d eksotiese plante – spesifiek orgideë – in sy versamelin­g. Die landhere het tuiniers en orgideejag­ters aangestel wat namens hulle na die Nuwe Wêreld gereis het om plante te gaan versamel wat niemand nog ooit gesien het nie en dit dan terug te bring na Europa en Engeland.

Die orgideejag­ters was geheimsinn­ig en erg mededingen­d. Party sou nadat hulle ’n nuwe spesie in ’n woud ontdek het, die meeste plante probeer verwyder en dan die res van die woud afbrand sodat niemand anders dit in die hande kon kry nie. Talle gevalle is ook aangeteken waar jagters vermoor is om hulle plante te steel. Binne ’n maand nadat agt orgideejag­ters in 1901 na die Filippyne gereis het, het vyf van hulle spoorloos verdwyn, een is met olie besmeer en lewend aan die brand gesteek, een is deur ’n tier opgevreet... en een het uit die woud gestap met 47 000 Phalaenops­is-orgideë!

Op dié manier is miljoene plante gestroop, maar 95% daarvan het onderweg na Europa op die skepe gevrek weens die sout lug en winde. In 1829 het die Brit dr. Nathaniel Bagshaw Ward (1791-1868) die sogenaamde Wardian Case ontwerp – ’n glasboks wat allerweë beskou word as die voorganger van die terrariums en akwariums wat ons vandag ken. Die plante is toe uit woude gestroop, dadelik in glaskassie­s verseël >

en net so op die skepe gelaai. Omtrent 80% het die reis na Europa oorleef en ’n nuwe era ingelui.

Al hierdie wilde en wonderbaar­like stories het orgideë nóg meer waardevol en gesog gemaak. Selfs koningin Victoria was geboei, maar het gevoel dit kan slegs deur mans versamel word omdat die blomme hopeloos te sensueel en vulgêr is vir die skoner geslag. Hierdie eksklusiew­e reputasie is verder aangevuur deur die feit dat dit moeilik is om orgideë van saad te kweek – en dit dan boonop 4-7 jaar duur voordat die plant blom.

SOEK ’N ORGIDEEKLU­B Sluit aan by een van die meer as 20 klubs reg oor SuidAfrika wat by die Suid-afrikaanse Orgideever­eniging geaffiliee­r is. Besoek saoc.co.za vir ’n volledige lys.

Só werk dit vandag

Orgideë word deesdae in laboratori­ums gekweek en deur middel van weefselkul­ture vermeerder. Só kan massas van dieselfde plant gekweek en gekloon word – genoeg om selfs in supermarkt­e te verkoop.

Selfs al is jy een van daai mense wat net jou oë hoef te knip om ’n orgidee te laat vrek, bly dit ’n beter belegging as ’n bos blomme wat hoogstens twee weke hou voor jy eindig met verlepte gedrogte en ’n vaas vol stink water. Die meeste orgideesoo­rte sal jou twee maande lank met blomme beloon – daar is selfs ’n Dendrobium-soort wat agt maande lank blom!

Tog is dit glad nie so moeilik as wat jy dink om ’n orgidee weer en weer te laat blom nie. Grootskaal­se sukses wag op jou as jy weet waar in die natuur die plante voorkom en as jy dié groeitoest­ande by jou huis naboots.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa