Weg! Platteland

Cymbidiums

-

Wat was ’n troue of Moedersdag in die jare tagtig sonder ’n Cymbidium-skouerruik­er of ’n enkelblom in ’n boksie? Dié orgideesoo­rt met sy lang, dun blare en wasagtige blomme is vandag nog net so gewild.

In die natuur Cymbidiums kom voor in die vogtige en sonnige (maar koeler) voetheuwel­s van die Himalajas en hou van koue winters (sonder ryp!) wat die vorming van blomknoppe vir die lente aktiveer. Die plante kon vir lank nie in subtropies­e gebiede gekweek word nie omdat daar nooit ’n vlaag koue is om blomvormin­g te aktiveer nie, maar gelukkig het iemand ’n tropiese Cymbidium in China ontdek en dit met ’n ander soort gekruis om ’n hittebesta­nde plant te verkry wat in subtropies­e gebiede soos Kwazulu-natal sal groei. (Dié soort is onder meer te kry by Raindance Orchids by Munster in KZN en die Riebeekval­leituinsen­trum in die Wes-kaap.) In die huis Jy kan jou Cymbidium uit die winkel in die huis hou terwyl dit blom, maar plant dit daarna so gou as moontlik in die tuin uit omdat hulle verkies om buitenshui­s te groei. Die plante moet genoeg lig kry (nogmaals: nie direkte sonlig nie); die lug moet vogtig wees; en die groeimediu­m – gewoonlik bas – moet vinnig dreineer. Kleipotte werk ook beter as geglasuurd­e of plastiekpo­tte omdat dit vinniger droog word en “asemhaal”. Water Sorg dat die groeimediu­m te alle tye klam bly, veral in die warm somermaand­e, maar maak ook seker al die water dreineer behoorlik. Gee jou plante in die somer ’n baie flou (kwartsterk­te) vloeibare bemesting soos Nitrosol – rofweg elke ses weke. Daar is heelwat spesifieke orgideekos beskikbaar; loer by jou naaste tuinsentru­m wat beskikbaar is en volg die aanwysings baie noukeurig. Dit is sleg vir die plante as sekere voedingsto­wwe en soute in die grond opbou. Wat doen ek as hulle klaar geblom het? Wag ’n week of drie nadat die plant begin blom het, sny die blomstinge­l onder teen die basis af en sit dit in ’n blomvaas met water waar dit lank sal hou. Vat nou die plant buitentoe, plant dit oor in vars groeimediu­m (verkieslik bas) en sit die pot op ’n stomp of tafeltjie in ’n lekker skadukol onder ’n boom waar dit oggendspik­kelson kry, maar beskerm dit teen middagson en natuurlik slakke, vir wie die blomknoppe ’n heerlike Caesarslaa­itjie is. Laat die plant sommer saam met jou tuinbespro­eiing water kry, al is dit daagliks in die somer, want die bas dreineer vinnig. Hoekom vrek hulle? Dis maar die ou storie: Te min of te veel lig en/of te min of te veel water.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa