Weg! Platteland

Só maak jy

-

A Bou die wande Saag agt van die planke met die geronde profiel a op in 30 lengtes van 440 mm elk. 1 Pak nou tien van hierdie lengtes langs mekaar sodat die lippies oor mekaar pas. Meet die breedte van dié tien stukke langs mekaar en saag twee van die vier plat dennehoutp­lanke b op hierdie lengte af.

Wenk

Dit behoort 95 cm te wees, maar dis veiliger om te meet, ingeval die planke nie almal presies ewe breed is nie. 2 Smeer lym op die lippies van jou geronde planke waar hulle oor mekaar pas en pak hulle weer styf teen mekaar met die kurwe na bo. 3 Smeer lym aan die twee lang lengtes wat jy van die 70 x 16 mm-planke b gesaag het en pas hulle bo en onder op die ry planke met die ronding sodat hulle aan al die kante gelyk is. Gebruik afvalhout as gidsblokke om te sorg dat die planke oral gelyk is. 4 Boor ’n gidsgaatji­e vir elke kort plankie en skroef die lang lengtes met die 8 x 35 mm skroewe daaraan vas.

Herhaal die proses om die ander lang sy te bou. Doen presies dieselfde vir die twee kort sye, maar gebruik vyf kort lengtes van die geronde plank vir elkeen.

Neem die 38 x 38 mm-balk c en saag twee 94 cm-lengtes. Meet aan die binnekant van elke lang sy 40 mm van onder af en trek ’n lyn oor die breedte van die sy. Lym en skroef dan een van dié stukke met 60 mm-skroewe vas op die lyn. Gebruik minstens vier skroewe aan elke kant, want die boom van jou plantbak gaan hierop rus. 5

B Op die been. Saag die 76 x 38 mm-balk d in vier lengtes van 740 mm elk – dit gaan die pote vorm. Laat een lang sy en een kort sy nou onderstebo staan sodat die twee stukke ’n 90°hoek vorm. Belangrik Die smal kant van die kort sy moet gelyk wees met die voorkant van die lang sy. 6

Wenk

Vra ’n handlanger om jou met hierdie deel van die bouwerk te help. Jy kán dit alleen doen, maar ’n ekstra paar hande gaan sake heelwat makliker maak.

Smeer lym op die voorkant van die lang sy en die smal kant van die kort sy 7 en pas die poot aan die voorkant sodat dit gelyk is met die buiterand van die kort sy. 38 Boor gidsgaatji­es en skroef die poot met vier 60 mmskroewe aan albei die ander stukke vas. 9 Herhaal die proses vir die ander drie pote.

10 Draai die plantbak om sodat hy op sy pote staan.

C Sit die boom in Neem die 228 x 38 mmplank e en saag vier lengtes van 410 mm elk. Smeer lym op die stutbalkie­s wat jy vroeër aan die onderkant van jou lang sye vasgeskroe­f het en pak die vier stukke hout nou binne-in jou bak sodat hulle op die balkies rus. Spasieer hulle eweredig sodat daar smal openinge tussenin is waardeur water kan dreineer wanneer jy jou groente natlei. 11 Boor gidsgaatji­es en skroef die bodemplank­e vas.

D Werk hom af Saag die oorblywend­e geronde planke a elkeen in een lengte van 105 cm en een lengte van 57 cm sodat jy twee stukke van elke lengte het. Trek met ’n winkelhaak en potlood nou aan die plat kant van elke plank ’n 45°-lyn van die hoek (aan die kant waar die plat lippie uitsteek) na die teenoorsta­andde kant. 12 Saag die planke met behulp van die verstekbak op hierdie lyne af.

13 Smeer lym op die boonste rand van jou plantbak. 14 Pak die planke bo-op die rand van jou plantbak met die ronde kante na bo. As jy reg gemeet en saag het, behoort die stukke soos ’n legkaart inmekaar te pas, gelyk met die buitenste rand van die pote. 15 Kap die planke met paneelspyk­ertjies

op hulle plek vas. 16

 ??  ?? 38
9
38 9
 ??  ?? 10
10
 ??  ?? 4
4
 ??  ??
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 15
15
 ??  ?? 13
14
13 14
 ??  ?? 12
12
 ??  ?? 11
11
 ??  ?? 16
16

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa