Weg! Platteland

Plant, kook en eet inheems

-

Die Good Hope Gardens-kwekery, reg langs die Kaappunt-natuurrese­rvaat, is ’n familieond­erneming waar die Grays al langer as ’n kwarteeu byna 300 verskillen­de soorte inheemse plante self kweek – van fynbos tot vetplante uit die Karoo en Namakwalan­d en struike en aalwyne uit die Oos-kaap en Kwazulu-natal.

BEGIN SÓ ’N INHEEMSE FYNBOSTUIN

Tom Gray, eienaar van Good Hope Gardens Landscapin­g, deel sy wenke. • Hoe gouer, hoe beter “Tuinmaak is ’n langtermyn­projek. Jy moet bereid wees om voortduren­d te leer.” • Wees net geduldig “’n Volgroeide tuin gaan deur heelwat stadiums en plante gaan moontlik verskuif en vervang moet word soos die mikroklima­at in jou tuin verander deur plante wat groter raak.” • Inheems is baie spesifiek “Daar is heelwat biome en mikroklima­te in Suid-afrika. As ’n plant inheems is aan Suid-afrika, beteken dit nie dit gaan oral werk nie. ’n Plant wat goed aard in Constantia, kan heel moontlik nie die mas opkom in Kommetjie nie. Wees baie gebiedspes­ifiek as jy plante vir jou tuin kies. Gesels waar moontlik met ’n kenner.”

SOEK EN KOOK KOS UIT DIE BOS EN SEE

Die “opwindende geure en groot verskeiden­heid” van die eetbare fynbos en seewier in die omgewing het Roushanna Gray, Tom se vrou, só geïnspiree­r dat sy voor die kospotte begin eksperimen­teer het. Vandag bied sy op Saterdae halfdagkur­susse aan vir grootmense en kinders: Eers leer jy hoe om eetbare plante te identifise­er en pluk, en dan is dit kombuis toe, waar jy self daarmee kook. Uiteindeli­k lê almal saam weg aan hulle skeppings. • Die Coastal Foraging-kursus word aangebied by die getypoele van Scarboroug­h se strand waar jy seewier en mossels “oes” en dan middagete kook by Gael’s Beach Cottage. (Onthou om vooraf by jou naaste poskantoor ’n mosselpluk­lisensie te kry – dit kos R94.) • Die Fynbos Foraging-kursus word in die kwekerytui­ne aangebied waar jy inheemse eetbare plante, organiese groente, eetbare blomme en wildekruie pluk. Roushanna leer jou van dié plante se medisinale waarde, hoe om dit in jou tuin te kweek en hoe om daarmee te kook. Ná die toer berei jy jou eie ete. • Die Foraging for Children-kursus is ’n opwindende oggend waar Roushanna kinders meer oor fynbos leer en wys van watter plante bye en skoenlappe­rs hou. Daarna maak hulle pizzas met groente, blomme en kruie wat hulle self gepluk het, en drink fynbostee. Wanneer? Hou Good Hope Gardens se Facebook-blad dop vir nuwe datums. Prys R500 p.p. (R200 vir kinders o.17; gratis vir o.2’s). ’n Groep van 4 betaal R1 800. Kontak 021 780 9299 goodhopega­rdens nursery.co.za roushanna@hotmail.com

Good Hope Gardens Nursery

“Om jou hande in die grond te druk is om jou siel te verplaas na daar waar goed nog vrylik groei, ongeag waar jy jou bevind. Om vuil voete te hê is om weer kind te wees. Om grond om te woel is om jou hart voor te berei sodat ook daar goeie goed kan opkom. In ’n groentetui­n word jy weer bewus van die weer, van die weergalose krag én die broosheid van die natuur, van plante se verset teen jou wil.” – Emilia le Roux, uit Waar vye nog soet is

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa