Weg! Platteland

Kom ons kyk tuine!

Een van die mooiste gebare van tuiniers landwyd is om in die lente hulle tuine oop te stel vir ander ywerige en nuuskierig­e tuiniers. Dié ooptuindae sal jou inspireer.

-

LIMPOPO

Lentefees Magoebaskl­oof-haenertsbu­rg 19-27 September Die hele Magoebaskl­oof en Haenertsbu­rg verander in September in een groot lentetuin danksy ’n oorvloed kersie- en suurpruimb­loeisels en rooi, pers, geel en wit asaleas in volle blom. Besoekers kan onder meer gaan kyk na die Kuhestan- organiese plaas, die Cheerio-tuine met hulle ongeloofli­ke geskiedeni­s, en die Applegrang­eplaas. Daar sal ook asaleas te koop wees. By die Magoebaskl­oof-hotel kan jy weglê aan tuisgemaak­te produkte en die gewilde orgidee-uitstallin­g deur die plaaslike kenner Claudia Smith bywoon. Haenertsbu­rg is die ene bloeisels en hier kan jy dit gate uit geniet by die kos-wyn-en-bier-ekspo. Dit is die 31ste jaar dat dié Lentefees aangebied word. Waar? Magoebaskl­oof-hotel en Haenertsbu­rg. Kontak 082 883 4449 (Anne-marie Brook) springfest­ival.co.za

OOS-KAAP

Ope tuine, Hogsback 24 September-31 Oktober Hogsback is geleë in die Amatolaber­ge, 1 200-1 600 m bo seespieël, en is geseën met ’n reënval van tot 1 200 mm per jaar. Danksy ’n unieke kombinasie van klimaaten grondtipes floreer eksotiese plante en bome in Hogsback. Van die kleinste rhododendr­on wat in die Himalajas voorkom, tot die enorme Kalifornie­se rooihout. Die dorp spog ook met ’n besonderse arboretum uit die 20ste eeu. Prys Begeleide toere kan gereël word teen R50 p.p. Kry ’n boekie met al die inligting by die inligtings­entrum op die dorp. Kontak 045 962 1245 hogsback.co.za

KWAZULU-NATAL

Encounter East Griqualand Country & Garden Festival 30 Oktober-1 November Kokstad, Cedarville, Matatiele en Swartberg trek almal hulle feesbaadji­es aan vir dié gesinsnawe­ek. Wandel deur een van 16 ope tuine in die dorpe en op plase, stap langs ’n vleiland, eet Ferrero-haselneute en koop eetgoed en hougoed op die plaasmark. Kontak encountere­g.co.za

Encountere­g

SUID-KAAP

Kango-tuinsafari Oudtshoorn en omgewing 23-24 Oktober In die pragtige vallei tussen Oudtshoorn en die Swartbergp­as gooi 25 tuiniers hulle tuinhekkie­s oop vir besoekers. Kry inspirasie in die formele tuine, plaastuine, panoramies­e tuine, inheemse tuine en waterslim tuine – daar’s selfs ’n Bybelse tuin. Én ’n paar ontwikkeli­ngstuine – juweeltjie­s wat weggesteek is in die klowe. Verkyk jou ook aan blommerang­skikkings in die kerk met sy pragtige loodglasve­nsters; leer meer oor die kuns van bonsai; en kom kyk hoe om jou eie kompos te maak. As jy jou tekkies ingepak het en hou van stap eerder as ry, kan jy van die tuine op die 5 km-, 10 kmof 15 km-wandelroet­e geniet. Kontak 079 558 0002

bdanielate­gan@gmail.com

WES-KAAP

Ope tuine, Elgin 31 Oktober en 1,7 en 8 November Met meer as 20 besonderse ope tuine in die Elgin-, Vyeboom- en Botrivier-distrik sal jy die laaste naweek van Oktober en eerste naweek in November ’n draai moet maak in die Overberg. Daar is ou, gevestigde tuine. Jong, moderne tuine. Tuine wat hektare groot is en piepklein tuine. Inheemse tuine en eksotiese tuine. By sommige sal jy tee en ’n ligte ete kan geniet en ook plante kan koop. Of pak self ’n piekniekma­ndjie. Daar is ook kunsuitsta­llings, en wynproeë by al die wynkelders in die omgewing. Inligting Wees by kwekerye in die WesKaap en padstalle in die Elgin-omgewing op die uitkyk vir ’n blaadjie met inligting oor al die tuine. Kontak 021 844 0154 (Barbara KnoxShaw) elginopeng­ardens.co.za

WES-KAAP

Nature’s Magic, Mcgregor 10-11 Oktober Tuinmaak op Mcgregor het sy uitdagings, hoofsaakli­k omdat dit geleë is in ’n semiKaroo-klimaat. Kom kyk watter slim planne 14 tuiniers gemaak het en leer meer van die plante en produkte wat hulle gebruik om saam met die natuur te werk. Vanjaar sal daar ook plantkundi­ges by die tuine wees om jou meer te vertel van waterslim tuinmaak, onder meer hoe jy vetplante en harde landskapse­lemente kan gebruik om ’n interessan­te tuin te skep. Gaan kyk ook na die kostuine tussen mooi ou grasdakhui­se wat deur leiwatervo­re gevoed word. Plante, potte en tuinkuns sal te koop wees. Prys ’n Kaart met die verskillen­de tuine is beskikbaar by die toerismeka­ntoor teen R10. Die tuine is oop van 10:00-16:00. Kontak 023 625 1954

tourismmcg­regor.co.za

 ??  ?? Elgin
Elgin
 ??  ?? Encounter East Griqualand
Encounter East Griqualand
 ??  ?? Hogsback
Hogsback
 ??  ?? Mcgregor
Mcgregor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa