Weg! Platteland

HOESÊ?

-

Geenspit-bedding (foto bo). Anders as tradisione­le landbou- en tuinmaakme­todes word grond in permakultu­ur so min as moontlik versteur. No-digbeds word “opgebou” deur lae organiese materiaal soos strooi, blare en kompos opmekaar te stapel. Vrugte en groente word direk in dié lae geplant sonder om gate in die grond te maak.

Hoendertre­kker ’n Ligte hoenderhok sonder ’n vloer, ook bekend as ’n chicken tractor, wat elke week of drie na ’n volgende bedding in jou tuin geskuif word. Die hoenders help die grondtekst­uur verbeter met al hulle geskrop – sonder om die grondekolo­gie te versteur soos wat gebeur as jy grond omspit. Die hoenders breek die plantmater­iaal wat hulle eet, in kleiner stukkies en skrop dit in, wat help met komposvorm­ing. Hulle eet ook graag goggas wat in die grond oorwinter.

Kruiespira­al Deur kruie in ’n spiraalvor­m te plant gebruik jy die beskikbare ruimte doeltreffe­nd en skep verskeie mikroklima­te vir plante met verskillen­de behoeftes wat sonlig en wind betref. Die ontwerp is nie net mooi nie – dit maak dit ook maklik om die kruie te oes.

Kontoerslo­ot Dié slote ( swales) volg die kontoer van ’n heuwel om reën wat teen ’n heuwel afloop op te vang. Die water infiltreer die grondprofi­el om die kontoerslo­ot en vul die grondwater aan. ’n Kontoerslo­ot kan ook erosie van bogrond voorkom omdat dit die spoed van die reënwater se vloei breek. As dit genoeg reën, kan die opgaarwate­r vir besproeiin­g elders in die tuin gebruik word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa