Weg! Platteland

Só maak jy

-

A Kry alles reg Gebruik ’n draadknipp­er en sny ’n strook ogiesdraad volgens die grootte van die gietvorms om jou pot te versterk. Sny ook ’n sirkel vir die bodem as jy ’n pot met ’n dreineerga­t maak. Hou dit eenkant. 1

Maak seker jou gietvorms is skoon en droog. Verf ’n dun lagie sonneblomo­lie oor al die dele van die gietvorms wat aan die sement gaan raak: die onderste houer aan die binnekant en die boonste een aan die buitekant. 2 As jy ’n dreinering­sgat wil insit, moet jy nou ’n kurkprop of plastiekdo­ppie op die boom van die onderste houer vasplak sodat dit nie rondskuif wanneer jy die sement ingiet nie. 3

B Trek die sement nader Meng die sement en sand in ’n ou emmer (sien die “Gietgebooi­e” regs). Vir die voëlbad giet jy die sement in die groter onderste gietvorm – net genoeg sodat die sement nie oor die rand sal loop wanneer jy die boonste houer indruk nie. 4 Vir die pot met die gat moet jy die sement ingooi tot by die doppie of kurkprop 5 voor jy die sirkel ogiesdraad in die sement druk 6 en dan die res ingiet. Werk versigtig sodat daar nie lugborrels vorm nie – skud of stamp die houer liggies om van lugborrels ontslae te raak.

Druk nou die kleiner houer in die sement in en plaas ’n gewig soos bakstene of klippe binne-in. As jy die pot met die gat maak, moet jy seker maak die basis van die binneste vorm druk styf teen die doppie. Druk die stuk ogiesdraad langs die kant in die sement in – jy kan dit ook insit voor jy die binneste houer insit.

Maak seker die binneste houer is parallel met die buitenste een en die gewig rus in die middel. Indien

nodig, kan jy die twee bakke aanmekaar plak met sterk plakband soos gaffer tape. 38 Laat staan die houers so vir 4-6 dae – dit is beter om die sement langer te laat hard word, want as jy dit te vinnig uithaal, sal dit breek.

C Tyd vir uitkeer Lig die binneste houer uit en dop die vorm versigtig om sodat die sementbak loskom. 9 As jy ’n dreinering­sgat gemaak het, kan jy die pot omdraai en die doppie losmaak. Dit kan dalk nodig wees om die gat met ’n skroewedra­aier uit te breek, soos op die foto. 10 Spoel die nuwe sementpot of -bak met skoon water af en laat dit staan om droog te word voordat jy dit gebruik.

 ??  ?? 387
387
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 9
9
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 45
45
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 10
10

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa