Weg! Platteland

WAAR OF WOLHAAR?

-

• ’n Boom wat jy van ’n pit gekweek het, sal nooit dra nie.

Onwaar Om jou senuwees se onthalwe moet jy inderdaad eerder ’n geënte boom plant, wat gewoonlik binne 2-4 jaar sy eerste vrugte sal dra. Bome wat van ’n pit gekweek is, behoort ook te dra, maar jy kan nooit seker wees van die gehalte nie, en jy sal enigiets van 5-18 jaar of selfs langer vir jou eerste oes moet wag.

• Jy moet óf twee bome hê óf een naby in die buurt om kruisbestu­iwing te verseker, anders sal jou boom nie dra nie.

Onwaar Kruisbestu­iwing kan inderdaad help om ’n boom beter te laat dra, maar dis nie noodsaakli­k nie en baie avokadosoo­rte sal hulleself bestuif. Avokadobom­e se blomme is vroulik én manlik, en jy kry A-tipe en B-tipe blomme. A-tipe blomme (soos dié van Hass en Pinkerton) is vroulik in die oggend (en dus ontvanklik vir stuifmeel), en manlik die volgende middag (wanneer dit stuifmeel vrystel). Die B-tipe blomme (byvoorbeel­d Fuerte) is weer manlik in die oggend en vroulik in die middag. ( Soos party sangers. – Reds.)

• Baie avokadobom­e dra nie omdat hulle sukkel met ’n ystertekor­t wat jy kan regstel deur spykers in die stam te kap.

Onwaar Dis nou ’n propperse ouvroustor­ie. Die vorm van yster in die spyker (ysteroksie­d) kan glad nie deur die boom opgeneem word nie. Laat toets eerder die grond pleks daarvan om jou boom te martel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa