Weg! Platteland

Kies ’n kultivar

-

FUERTE

Dit is die topverkope­rvariëteit in Suid-afrika. Die vrugte het ’n gladde groen skil met romerige liggroen vleis en word tussen Maart en Augustus ryp. Die bome vaar ook goed in koeler

streke. (19%*)

PINKERTON

Die bome is baie aanpasbaar en lewer tussen April en Junie ’n besonder hoë opbrengs in ’n verskeiden­heid

groottes. Dit pitte is klein. Dit is Braam van den Heever

se gunsteling. (13%)

MALUMA

Die groot voordeel van hierdie Hass-variëteit is dat

dit baie vroeër ryp word (Maart tot Mei). Die pit is ook kleiner, wat beteken die vrug

het meer vleis. (9%)

HASS

Dié voorste uitvoervar­iëteit het ’n goeie raklewe en is tussen April en Augustus beskikbaar. Die skil verkleur van groen tot perserig-swart wanneer dit ryp is. Die Lamb Hass-variëteit, wat tussen Julie en September beskikbaar is, is baie produktief, geurig en dra groter vrugte as die gewone Hass. (40%; Lamb Hass 3%)

REED

Dié variëteit is nog in ’n toetsfase, maar lewer lieflike groot, ronde vrugte wat van Oktober tot Desember

beskikbaar is.

EDRANOL

Dié baie smaaklike avokado met sy botterige geel vleis en semi-ruwe, mediumdik skil wat maklik aftrek, dra vrugte van Julie tot September en is die gunsteling van Clive Garret, bemarkings­hoof by ZZ2. (0% – ZZ2 gebruik dit om nuwe

bome te kweek)

RYAN

Hierdie kruising van Mexikaanse- en Guatemalaa­nsetipe avokado’s lewer tussen Junie en November peervormig­e vrugte met ’n leeragtige growwe groen skil en

groot pit. (11%)

 ??  ?? * Die syfers in hakies dui die persentasi­e aan wat dit van ZZ2 se totale avokado-oes uitmaak.
* Die syfers in hakies dui die persentasi­e aan wat dit van ZZ2 se totale avokado-oes uitmaak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa