Weg! Platteland

Só maak mens...

-

... ’n groen avo ryp Die beste manier om harde avokado’s te bêre en ryp te maak is teen kamertempe­ratuur op ’n donker plek, op dieselfde plek as aartappels. Die aartappels stel ’n gas vry wat die rypmaakpro­ses van die avokado aanhelp. ’n Papiersak met ’n ryp peer of piesang sal ook die werk doen. Sodra die avokado ryp is, sit dit in die yskas se groenterak­kie om die rakleeftyd te verleng. ... seker ’n avo is ryp By die steelkant van die avokado is daar ’n ogie waar die steeltjie vas was. Die avokado is ryp as jy liggies hier druk en die vrug effens meegee. As jy die ogie afbreek en dit kom maklik los en die plekkie waar jy dit afbreek, is liggroen of liggeel, is die avo ryp. Wanneer jy avokado’s koop, wees eerder versigtig om te ryp as te groen te koop. As jy die ogie verwyder en dit is bruin daaronder, is die vrug oorryp en waarskynli­k ook bruin binne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa