Weg! Platteland

Gekrummeld­e avokadohap­pies

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Warm avokado is ’n kwessie van smaak, maar die jongste gier om halwe avokado’s met kaas en eier te vul en te rooster is net te ryk vir my. Ek sit eerder romerige oondgebakt­e avokado in ’n bros krummellaa­g voor of gebruik avokado as vzzulsel vir jalapeñori­ssies – dis ’n lekker tapahappie.

Jy benodig

• 4 groot avokado’s

• 5 skyfies parmaham

• 6 jalapeñori­ssies

VIR DIE KRUMMELLAA­G

• ½ koppie (125 ml) meel

• 2 eiers

• 1¼ koppie (310 ml) broodkrumm­els

• 1 teelepel (5 ml) knoffelpoe­ier

• 2 teelepels (10 ml) rissiepoei­er

• 1 teelepel (5 ml) sout

VIR DIE DOOPSOUS

• 1 komkommer

• 2 koppies (500 ml) ongegeurde jogurt

• ½ teelepel (2,5 ml) sout

• ½ koppie (125 ml) suurroom

• 2 eetlepels (30 ml) vars suurlemoen­sap

• 1 knoffelhui­sie, gerasper

Só maak jy

Verhit die oond tot 200 ºc. Sny die avo’s elk in agt skyfies. Sny die parmaham in die lengte in 2-3 stukke. Draai die avoskyfies toe in stukkies parmaham (tot die ham op is) en pak dit in ’n enkellaag op ’n gesmeerde oondplaat. Hou die res van die avokado eenkant.

Maak ’n T-vorm-snytjie in die rissies net onder die steeltjie, maar moenie regdeur die rissie sny nie. Wikkel die pitte uit sonder om die rissie oop te breek. Stop dan elke rissie met ’n avokadosky­fie.

Sprei die meel op ’n bord uit, klits die eiers in ’n tweede bak en meng die broodkrumm­els, knoffel- en rissiepoei­er en sout in ’n derde bak. Doop die rissies eers in die meel, dan in die eier en dan in die broodkrumm­els. Doen dieselfde met die oorblywend­e avokadosky­fies. Pak dit ook op die oondplaat. Bak dit vir 10-15 minute.

Maak intussen die doopsous deur die komkommer fyn te kap en dit met die res van die bestanddel­e te meng. Sit die sous voor saam met die gevulde rissies, avokado-in-ham en gekrummeld­e avokadosky­fies. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa