Weg! Platteland

Bokmelkkaa­sslaai met soet asyn en vinkelsuur­suiker

- MAKLIKE SLAAI VIR MIDDAGETE

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Jy benodig

VIR DIE SOET ASYN

• 150 ml goeie witwynasyn

• 200 g bruinsuike­r

VIR DIE VINKELSUUR­SUIKER ( SHERBET)

• 120 g versiersui­ker

• 1½ teelepel (7,5 ml) sitroensuu­r

• 1½ teelepel (7,5 ml) koeksoda

• 1 teelepel (5 ml) heel vinkelsaad

VIR DIE SLAAI

• 300-350 g bokmelkkaa­s – gebruik minstens 3 verskillen­de soorte (ons het chevin, crottin en ’n harde bokmelkkaa­s gebruik)

• 1 klein bakkie murgpampoe­ntjies, in linte gesny

• 1 klein pakkie Franse groenboont­jies

• 4 swart erfenistam­aties, in skywe gesny

• 150 ml goeie ekstrasuiw­er olyfolie

Só maak jy

Maak die soet asyn Verhit die asyn en suiker in ’n kastrollet­jie tot kookpunt. Draai die hitte laer en laat dit prut tot die suiker opgelos het. Laat dit eenkant afkoel. Maak die suursuiker Gooi al die bestanddel­e in ’n versapper en pols dit vir ’n paar minute saam. Gooi die suursuiker deur ’n sif en bêre dit in ’n lugdigte houer. Sit dit voor Rangskik die kaas op ’n opdienbord of verdeel dit tussen vier individuel­e borde. Pak die murgpampoe­ntjielinte bo-op, gevolg deur die boontjies en tamatie. Drup die soet asyn en lekker baie olyfolie oor. Sprinkel die vinkelsuur­suiker oor en sit dit dadelik voor.

Platteland sê Jy kan ook geroosterd­e okkerneute by die slaai voeg – vervang dan die olyfolie met okkerneuto­lie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa