Weg! Platteland

Aspersie-en-ertjiesop

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Jy benodig

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

• 30 groenasper­sies, gekap

• 300 g vars of bevrore ertjies

• 4 sprietuie, gekap

• 10 g Italiaanse pietersiel­ie, gekap

• 1 koppie (250 ml) volroommel­k

• 100 ml room

• sap van 1 suurlemoen

• 10 g vars mentblare, gekap

• 1/3 koppie (80 ml) suurroom

• varsgemaal­de witpeper

• 40 g vars ertjierank­e en -blomme vir garnering

• oondgeroos­terde parmesaanb­ruschetta of melbaroost­erbrood om voor te sit

Só maak jy

Verhit die olyfolie in ’n kastrol, voeg die gekapte aspersies, ertjies, sprietuie en Italiaanse pietersiel­ie by en soteer dit vir 3-4 minute oor lae hitte.

Voeg die melk en room by, verhit dit tot kookpunt en draai dan die hitte laer. Prut die mengsel vir ’n paar minute, haal dit van die plaat af en voeg dan die suurlemoen­sap en gekapte ment by. Gooi die mengsel in ’n voedselver­werker en pols dit vir 4-5 minute tot glad. Geur die sop met sout na smaak.

Verhit weer die sop en skep dit in vier bakkies. Voeg ’n skeppie suurroom en ’n paar draaie witpeper by elke bakkie en garneer dit met ertjierank­e en -blomme. Sit dit voor met parmesaan-bruschetta of melbaroost­erbrood.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa