2013
Die jaar toe daar vir die eerste keer meer langlewe- as vars melk in Suid-afrika verkoop is.
Oom M.C. lag as hy vertel hoe diplomaties hy destyds te werk moes gaan om basies vir die boervroue te sê hulle melkgereedskap, -emmers, -siwwe en -doeke is vuil omdat hulle alles met boerseep gewas het en nie die “erkentlike” wasmiddels wou gebruik nie.
‘Om vandag sonder melkaantekening ’n kudde suksesvol te bestuur is soos om ’n horlosie sonder wysers aan te sit. Jy weet nooit hoe laat dit is nie.’
Daardie jare was daar ook slegs drie melkkopers in die Suid-kaap, naamlik die kaasfabrieke Towerkop en Boesmansrivier, en Nestlé. Hulle gesamentlike daaglikse melkinname was gelykstaande aan wat ’n enkele produsent met ’n duisend jerseykoeie op ’n volvoer-rantsoenstelsel vandag kan produseer.
“Baie kuddes het gewissel van 5-25 koeie per produsent, en jy moet onthou, by baie van die kleiner kuddes is die kalwers nog toegelaat om eers te suip, en wat oor was, was die produsent s’n. Alles was baie primitief, maar die kalwers was gesond en die kuddes sonder mastitis… Australiese navorsing het getoon die kalf se speeksel help om die uier gesond te hou. Die enigste nadeel vir die produsent was ’n baie laer bottervetpersentasie, en die bottervet het die prys van die melk bepaal.”
Oom M.C. het sy nuwe pos ernstig opgeneem, ingespring en uitstappies na gevestigde kuddes begin reël waar die boere ingelig is oor voeding, teling, weiding en gehaltemelk. Studiegroepe is in die lewe geroep, beesklubs, beoordelaarsdae, veilings…
“Dis moeilik om te glo, maar daardie jare was iets so logies soos amptelike melkaantekening iets byna vreemds. >